Sko­le ont­gin te min sport­ta­lent, sê hoë

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

By sko­le word daar net aan die bo­laag van sport­ta­lent ge­krap.

“As ons on­der­wys­stel­sel werk­lik doel­tref­fend funk­si­o­neer, hoef ons na­si­o­na­le sport­span­ne nie uit ’n hand­jie­vol sko­le ont­wik­kel en ge­kies te word nie,” sê dr. Ja­co De­a­con, ad­junk­hoof van die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as).

So­wat 90% van Suid-A­fri­ka se sko­le bied sport glad nie of in ’n be­perk­te ma­te bui­te skool­tyd aan, sê hy.

Die na­week het dr. Bla­de N­zi­man­de, mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, ge­sê ook die ge­brek aan lig­gaam­li­ke op­voe­ding by sko­le het ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op die ont­wik­ke­ling van sport in die land, be­rig die SAUK. Hy het by die be­kend­stel­ling van Phy­si­cal E­du­ca­ti­on and S­ports Co­a­ching in Dur­ban ge­praat.

S­te­ven Ball, ad­junk­di­rek­teur van sport­af­rig­ting en pres­ta­sie­be­stuur by Tuk­sS­port, sê dit is nie ge­noeg dat lig­gaam­li­ke op­voe­ding in­ge­sluit word by die vak le­wens­o­ri­ën­te­ring (LO) nie.

Boon­op het nie al die on­der­wy­sers die ken­nis om lig­gaam­li­ke op­voe­ding aan te bied nie.

“Die per­soon wat lig­gaam­li­ke op­voe­ding aan­bied, moet pre­sies weet wat­ter oe­fe­nin­ge op wat­ter ou­der­dom ge­doen moet word,” sê Ball. As dit nie van jongs af reg ge­doen word nie, kan dit la­ter ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op leer­lin­ge se sport­ver­to­ning hê.

Vet­sug on­der kin­ders neem toe en lig­gaam­li­ke op­voe­ding is be­lang­rik om sport­ta­lent te i­den­ti­fi­seer en te ont­wik­kel en dié wat nie sport­ster­re gaan wees nie, te leer om fiks te bly, sê hy.

Die re­ge­ring sal uit­da­gings moet oor­kom soos om toe­rus­ting aan al­le sko­le te ver­skaf.

De­a­con sê u­ni­ver­si­tei­te kan meer moei­te doen om studente op te lei om lig­gaam­li­ke op­voe­ding aan te bied en die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke en sport kan help met ge­rie­we en toe­rus­ting. Daar moet ook iets ge­doen word aan leer­lin­ge wat hon­ger by die skool aan­kom. “Hon­ger kin­ders kan nie oe­fe­ning doen nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.