90 000 doen al aan­soek by sko­le vir 2018

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment het gis­ter teen e­tens­tyd 90 984 aan­lyn aan­soe­ke om ’n plek in sko­le vol­gen­de jaar ont­vang.

Ou­ers en voog­de van gr. 1- en gr. 8-leer­lin­ge het 08:30 be­gin re­gis­treer.

“In die eer­ste 20 mi­nu­te het meer as 16 000 ou­ers aan­lyn aan­soek ge­doen,” sê Ou­pa Bo­di­be, woord­voer­der van die de­par­te­ment.

Aan­soe­ke sluit mid­der­nag op 12 Ju­nie. Die pla­sing van leer­lin­ge be­gin op 24 Ju­lie.

Bo­di­be sê hoe­wel die re­gis­tra­sie goed op dreef is, het ’n paar pro­ble­me op­ge­duik.

“Som­mi­ge ou­ers het ’n bood­skap ge­kry dat hul be­son­der­he­de reeds be­staan. Ons raai ou­ers aan om hul wag­woord te ve­ran­der om dié pro­bleem op te los.”

Vol­gens Bo­di­be het som­mi­ge ou­ers ’n fout­bood­skap ont­vang. Hul­le word aan­ge­raai om die blad te her­laai.

’n Nu­we SMS sal aan ou­ers ge­stuur word wat ’n SMS son­der ’n ver­wy­sings­nom­mer ont­vang het.

“Die mees­te van die pro­ble­me is reeds op­ge­los,” sê hy.

Ou­ers word ook aan­ge­raai om Google Chro­me te ge­bruik om die web­werf te be­reik. Dié wat nie in­ter­net­toe­gang het nie, kan een van die 65 toe­gang­sen­trums in Gau­teng be­soek. “Ou­ers kan ook na bi­bli­o­te­ke gaan om aan­soek te doen.”

Hy sê die in­bel­sen­trum is bui­te wer­king om­dat ’n brand die na­week in die de­par­te­ment se kan­toor uit­ge­breek het.

Bo­di­be moe­dig ou­ers met kin­ders wat vol­gen­de jaar in gr. 1 en gr. 8 is aan om so gou moont­lik aan­soek te doen.

Ou­ers moet ook hul aan­soek­do­ku­men­te bin­ne se­we dae by die skool in­dien, an­der­sins kan die aan­soek nie vol­tooi word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.