‘Ge­weld deur wit A­fri­kaan­se mans in dié TV­se­pie weer­spie­ël nie werk­lik­heid’

Beeld - - Nuus - – Na­di­ne T­heron

Die SABC3-se­pie I­si­din­go skep die beeld dat al­le wit men­se rassisties is, meen A­friForum.

“Die om­stre­de e­pi­so­de van dié se­pie waar­in ’n swart ka­rak­ter le­wend be­gra­we word na­dat hy deur wit, A­fri­kaan­se mans aan­ge­rand is, weer­spie­ël nie die werk­lik­heid on­der wit men­se, A­fri­ka­ners of boe­re nie,” sê Ernst Roets, A­friForum se uit­voe­ren­de ad­junk­hoof.

Die e­pi­so­de is ver­le­de Woens­dag uit­ge­saai. In die de­bat wat dit ont­ke­ten het, was daar aan die een kant lof en aan die an­der kant kri­tiek op die ma­nier waar­op die se­pie ras­sis­me ta­kel.

Die Uit­saai­klag­te­kom­mis­sie het ver­skeie klagte ont­vang.

A­friForum het gis­ter sy kom­mer oor die pu­bliek se re­ak­sie uit­ge­spreek en sê die e­pi­so­de word ver­sprei in ’n po­ging om ras­sis­me teen­oor wit men­se aan te wak­ker. Op SABC3 se YouTu­be-ka­naal is die e­pi­so­de al meer as 41 000 keer ge­kyk.

“Ons er­ken die ver­vaar­di­gers van I­si­din­go se reg op ar­tis­tie­ke vry­heid en kan nie aan hul­le voor­skryf wat uit­ge­saai moet word nie,” sê Roets.

“Die re­ak­sie wat dit uit se­ke­re ge­le­de­re ont­lok het, kwel ons eg­ter.”

Vol­gens A­friForum be­hoort die ver­vaar­di­gers in die o­pen­baar sterk stand­punt teen al­le vor­me van ras­sis­me in te neem.

Roets sê A­friForum sal al­le vor­me van ras­sis­me kon­se­kwent aan­hou ver­werp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.