Die e­mo­si­o­ne­le ver­bin­te­nis met ’n ma­sjien

Beeld - - Kommentaar -

Eint­lik wou ek met ’n in me­mo­ri­am be­gin. Oor “Wer­ner X” wat ver­le­de week pleg­tig en aan­doen­lik be­gra­we is. Hy is dood aan sui­ker­siek­te (te veel room­ys) en te min broc­co­li.

Dit was al­les te sien in ’n e­pi­so­de van

P­hil 101, kykNET se law­we u­ni­ver­si­teits­ko­me­die. In “le­we” was Wer­ner X ’n Ta­ma­got­chi, ’n ei­er­vor­mi­ge vir­tu­e­le troe­tel­dier­tjie wie se le­wens­duur deur vir­tu­e­le ver­sor­ging be­paal moes word – ge­son­de kos op vas­te tye, slaap­roe­ti­nes, ka­rak­ter­vor­ming, speel­tyd, ver­maak. Kort­om, on­ge­veer al­les wat no­dig is om ’n mens te word.

Die Ta­ma­got­chi, wat in 1997 aan die wê­reld be­kend ge­stel is en waar­van 76 mil­joen se­dert 2010 ver­koop is, word nou op­nuut be­mark. Met nog meer in­ter­ak­tie­we moont­lik­he­de. Die naam is ’n sa­me­smel­ting van die Ja­pan­ne­se woord “ta­ma­go”, wat “ei­er” be­te­ken, en die En­gel­se woord “wa­tch”. “Sien om na die ei­er” is dus die let­ter­li­ke op­drag aan Ta­ma­got­chi-ei­e­naars. Dit klink lek­ker by­der­wets. Maar is dit ge­wens – teen die ag­ter­grond van die toe­ne­men­de ver­smel­ting van mens en ma­sjien; soos dit plaas­vind deur men­se se pas­sie vir en

“ver­troe­te­ling” van die groei­en­de di­gi­ta­le aan­bod.

Daar is toe­ne­mend

’n vreem­de e­mo­si­o­ne­le ver­bin­te­nis met

’n ma­sjien; nie meer iets af­stan­de­liks nie, maar deel van jou: ek en ma­sjien in­ter­ak­tief, één.

Die simp­to­me van di­gi­ta­le oor­be­nut­ting en on­oor­deel­kun­di­ge aan­wen­ding loop wyd: soos wan­neer men­se ver­kies om ’n te­ra­peu­tie­se ge­sprek met ’n goed ge­pro­gram­meer­de pra­ten­de re­ke­naar te voer; juis om­dat men­se nie in staat is, of die tyd het, om na me­kaar te luis­ter nie.

Ge­sprek wat lei tot die werk­li­ke raak­sien en ken­nis van me­kaar is skaars en daar is baie wat re­ken om ’n teks­bood­skap te stuur, te twiet en te “li­ke” en so aan is maar die eint­li­ke ma­nier om te weet en van ge­weet te wees.

Al­les die il­lu­sie van “ge­sel­skap” ge­dra deur skyn­vriend­skap. Die mens was nog nooit so ge­kon­nek­teer soos nou nie én was nog nooit so al­leen soos nou nie. In me­kaar se teen­woor­dig­heid is men­se ver van me­kaar; di­gi­taal en vir­tu­eel “aan­ge­ska­kel”, maar “af­ge­ska­kel” van die werk­li­ke men­se naas­te aan hul­le.

Teg­no­lo­gie het on­be­twis­te hoë waar­de. Daar­son­der kan ons nie. Som­mi­ge neu­ro­loë re­ken eg­ter dié waar­de het ’n prys. Die mens­li­ke brein se plas­ti­si­teit (aan­pas­baar­heid) maak dat vol­ge­houe di­gi­ta­le bloot­stel­ling al­gaan­de die brein se neu­ron­net­wer­ke her­pro­gram­meer tot in­lig­tings­ver­wer­king. Wan­neer die brein só werk, word dit bloot ’n ont­sy­fe­raar van in­lig­ting; pleks van ’n werk­tuig wat in­lig­ting weeg en daar­uit ’n nu­we ge­heel skep wat jy ver­staan én ge­bruik om te weet wat óm en ín jou aan­gaan. Kort­om, di­gi­ta­le oor­be­nut­ting ve­ran­der nie net ons wê­reld nie, dit ve­ran­der óns ook.

Tus­sen die waar­de en die ska­de van teg­no­lo­gie sal ons ’n e­we­wig moet vind. So nie sal op­per­vlak­kig­heid as ’n ma­nier van dink en leef al hoe meer be­slag gee aan vlug­ti­ge mens­wees: die mens in me­mo­ri­am.

Die mens was nog nooit so ge­kon­nek­teer soos nou nie én was nog nooit so al­leen soos nou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.