Uit­slag in stryd om siel van ANC nie ’n ge­da­ne saak

Beeld - - Kommentaar -

En­ke­le we­ke ge­le­de was dit on­denk­baar dat die ge­ty teen pres. Ja­cob Zu­ma sou kon draai. Na­dat die stof oor sy ka­bi­net­skui­we gaan lê het, was die man van N­kand­la o­ën­skyn­lik meer ver­skans in sy pos as ooit. Dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, ge­salf­de troon­op­vol­ger, se op­mars na die ANC-lei­ers­pos en pre­si­dent­skap van die land het na ’n uit­ge­maak­te saak ge­lyk.

Die uit­jou­e­ry van Zu­ma op Co­sa­tu se Mei­dag­saam­trek in Bloem­fon­tein wys hoe mak­lik die skaal kan swaai. Skie­lik is dit nie meer ver­ge­sog nie dat adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa met ANCswaar­ge­wig­te, soos G­we­de Man­tas­he, Z­we­li Mk­hi­ze, Lin­di­we Si­su­lu, Mat­hews P­ho­sa en M­ce­bi­si Jo­nas as me­de-lei­er­skan­di­da­te, ’n suk­ses­vol­le veld­tog sou kon voer om Zu­ma en sy mee­lo­pers uit die ANC se lei­ers­kus­sings te lig.

Die stryd word op die ANC-lei­ers­kon­fe­ren­sie in Gau­teng in De­sem­ber op die spits ge­dryf. Hier kom ’n ge­veg wat die Po­lo­kwa­ne-stryd in 2007 kan oor­tref. Tóé het nie­mand ver­wag dat Zu­ma teen oud­pres. T­ha­bo M­be­ki sou se­ë­vier nie.

Die wis­se­len­de pen­du­lum staaf die vloei­baar­heid van in­ter­ne ANC-mags­di­na­mi­ka in hier­die storm­ag­ti­ge tyd in die ver­brok­ke­len­de drie­par­ty­al­li­an­sie se be­staan. Dié on­sta­bi­li­teit sny deur na Suid-A­fri­ka wat dit al­ler­mins kan be­kos­tig, ver­al ná die ska­de aan die e­ko­no­mie weens Zu­ma se on­deur­dag­te op­tre­de in ei­e­be­lang – en die Gup­tas s’n.

Zu­ma het al so­veel “keer­pun­te” oor­leef in die stryd om van hom ont­slae te raak, dat die af­ge­lo­pe na­week se o­pen­li­ke ver­set uit eie ge­le­de­re s­legs ver­sig­tig as nog ’n “keer­punt” be­skou moet word. Dat hy wel in Bloem­fon­tein be­droë daar­van af­ge­kom het, is ’n ge­wis­se feit. Ace Ma­gas­hu­le, Vry­staat­se pre­mier, wat saam met Zu­ma die af­tog moes blaas, het die ge­beu­re te­reg as “ver­ne­de­rend” be­stem­pel.

On­ge­twy­feld is Zu­ma die on­ge­wild­ste ANC-lei­er nog. Hy on­der­skei hom­self daar­in dat twee van die drie al­li­an­sie­ven­no­te, Co­sa­tu en die SAKP, nou o­pen­lik van hom ont­slae wil raak.

Die stryd om die siel van die ANC – en die staats­kas – duur voort. Dit hou re­per­kus­sies vir die ANC-al­li­an­sie en die land in – on­ge­ag wat­ter een van die Zu­ma-kamp of die Ra­map­hos­a­groe­pe­ring ein­de van­jaar se­ë­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.