Speel spel meer soos se­wes­rug­by

Beeld - - Kommentaar -

T­heuns Kir­sten, P­re­to­ria

As jy wil weet wat ver­keerd is met Suid-A­fri­kaan­se 15-man­rug­by, kyk net na die Su­per­rug­by­wed­stry­de waar Suid-A­fri­kaan­se span­ne teen Nieu-See­land­se span­ne speel.

Wat is dit wat die Nieu-See­lan­ders an­ders doen as die SuidA­fri­ka­ners? Om dit te ver­een­vou­dig speel die Nieu-See­lan­ders 15-man­rug­by soos se­wes­rug­by.

Dit be­te­ken hul­le val eer­der die ruim­tes (ga­pings) rond­om spe­lers aan en fo­kus op in­tel­li­gen­te bal­ver­sprei­ding as wat hul­le fo­kus op tra­di­si­o­ne­le 15-man-kon­takrug­by waar spel­pa­tro­ne rond­om los­ge­ma­le, los­skrums, skrums en lyn­staan­maal­be­we­gings ont­wik­kel. Hul­le maak die spel vin­nig, die e­le­ment van ver­as­sing le­wen­dig en ver­min­der be­se­rings deur on­no­di­ge kon­tak te ver­my.

Daar­voor het jy spe­lers no­dig wat vin­nig dink en 40 mi­nu­te op ’n slag ge­fo­kus kan bly.

Dít verg to­taal an­der denk­pa­tro­ne as wat no­dig is vir die tra­di­si­o­ne­le kon­takrug­by waar­voor Suid-A­fri­kaan­se af­rig­ters, spe­lers en on­der­steu­ners so lief is.

Dalk moet die hulp van ’n voor­tref­li­ke se­wes­af­rig­ter soos Neil Po­well be­kom word om 15man­rug­by in Suid-A­fri­ka weer op koers te kry.

Neil Po­well

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.