Wat is eint­li­ke ska­de in Co­li­gny?

Beeld - - Kommentaar -

I­zak S­mal­man, Bail­lie Park

My groot­word­dorp, Co­li­gny, is ver­woes. Ek word naar wan­neer ek hoor dat die ge­wel­de­naars re­de ge­had het om hul grie­we op so ’n ma­nier te o­pen­baar.

Die re­de vir dié op­tre­de? Ek weet nie en ek is ook se­ker die plun­de­raars weet nie.

Dit kan wel nie blo­te toe­val wees nie dat die be­to­gings eers in Lich­ten­burg, 27 km van Co­li­gny, be­gin het en toe na Co­li­gny oor­ge­spoel het.

Vol­gens my het die on­te­vre­den­heid aan­vank­lik ont­staan as ge­volg van diens­le­we­ring. Al­bei dor­pe word deur die­self­de dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit be­dien. Die ge­meen­skap reg­ver­dig hul op­tre­de deur aan te voer dat ’n swart seun deur twee boe­re ver­moor is.

Die ge­volg van die ge­weld­da­di­ge op­tre­de is nie net bloot die ska­de van mil­joe­ne ran­de nie.

Ek won­der net hoe­veel men­se nou werk­loos is in ’n dorp wat reeds deur werk­lo­se men­se af­ge­breek is.

Hoe kop­pel jy ’n waar­de aan die ska­de wat aan­ge­rig is?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.