‘Van­aand, skat, maar ek het ’n hoof­pyn, so bring die wyn saam’

Beeld - - Kommentaar -

Ri­aan, Jo­han­nes­burg

Ek weet van ’n he­le paar ou­ens wat in die wol­ke is.

Dat al­ko­hol ’n hoof­pyn ver­lig, is uit­ste­ken­de voor­blad­nuus! (“Het jy ’n hoof­pyn? D­rink ’n dop”, 02.05).

Dit maak kor­te met­te van die ge­yk­te ver­sko­ning “Nie van­aand nie, skat, ek het ’n hoof­pyn”!

My vriend Piet sê met ’n glim­lag hy gaan da­de­lik sy kroeg­ys­kas­sie slaap­ka­mer toe skuif.

Dit gaan voort­aan nie net tot troos en stig­ting dien wan­neer die mid­der­nag­te­li­ke dors hom beet­pak nie, maar ook as huis­ap­teek!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.