Sal ANC die mag oor­gee?

Beeld - - Kommentaar -

Jan, Po­lo­kwa­ne

Die voor­spel­ling dat die ANC die vol­gen­de ver­kie­sing kan ver­loor, kan wel waar word.

Dat die ANC die uit­slag sal aan­vaar, is on­waar­skyn­lik om­dat sy on­der­steu­ners nie ’n be­grip het van wat de­mo­kra­sie be­te­ken nie.

Pres. Ja­cob Zu­ma se aan­wen­ding van die weer­mag by die par­le­ment en sy on­wet­ti­ge op­bou van ’n pri­vaat een­heid van skok­troe­pe wys wat hy be­reid is om te doen om sy po­si­sie te be­skerm.

Dié wat glo dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof of die par­le­ment ons kan be­skerm, leef in ’n droom­wê­reld. Wat ge­beur wan­neer die po­li­sie of weer­mag nie be­reid is om die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof of par­le­ment se be­slui­te af te dwing nie?

Die op­po­si­sie be­skik nie oor die ver­moë om die Zu­mas in die stra­te te pak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.