Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad -

SMS’e kos R1,50

Die ANC kan ge­rus nou op­hou om in die ver­le­de te leef deur aan te be­weeg en vo­ren­toe te kyk. Chris Ha­ni en al­les wat hy so­ge­naamd “sou doen/nie sou doen nie” is al so hol­rug ge­ry dat ’n mens daar­van kan skree! SA het vars en in­no­ve­ren­de den­kers no­dig.

– Han­nie

V Dit is goed dat die ANC se mags­ba­sis be­sig is om te ver­krum­mel. In die­self­de a­sem is dit ’n be­drei­ging, want ’n ge­won­de buf­fel is ui­ters ge­vaar­lik. – Daan, Lin­den

Aan­ge­sien Cy­ril Ra­map­ho­sa en die res van die vak­bon­de so aan die wer­kers se kant is, kan hul­le nie sorg dat die Trans­net­pen­si­oe­ne be­taal word voor­dat nog men­se in el­len­de dood­gaan nie? – Lo­ly, Pta

D­ries Bos­hoff, ska­kel oor na Ra­dio P­re­to­ria as Piet se teen­woor­dig­heid jou nie aan­staan nie. RSG, moet as­se­blief nie vir Piet Crou­camp ver­wy­der nie. Ek luis­ter en lees graag wat sy in­sig be­tref­fen­de po­li­tie­ke sa­ke van die dag is! Ek on­der­steun ook sy stand­pun­te oor gods­diens! – Le­ser

Ek het groot waar­de­ring vir Piet Crou­camp se me­ning en luis­ter graag wan­neer hy praat op RSG – Mad

Dan­kie, D­ries Bos­hoff, die kom­men­taar van Piet Crou­camp was om die min­ste te sê uit­lok­ kend en dra nie by tot ver­soe­ning nie. RSG moet twee keer dink voor­dat hul­le hom weer ge­bruik om kom­men­taar oor gods­diens­ti­ge sa­ke te le­wer. – Ko­bus ’n Taxi ry ’n see­koei dood en ’n saak van roe­ke­lo­se of na­la­ti­ge be­stuur word on­der­soek. Ek won­der wie gaan vir die see­koei ge­tuig. – Dup Michael G­reen, hoe kan ek my re­spek vir jou uit­druk? Dan­kie vir jou hul­de­blyk aan die “san­go­ma” van SA boks, Nick Du­randt! Jy’s ’n ys­ter, Michael! – Jo­han Coet­zee, Pta Piet Ma­ti­pa, jou kleur­vol­le taal­ge­bruik be­koor my. Ek is be­reid om ver te ry net om te lees wat jy skryf. Doe’ so voort. – Jo­se­phi­ne, Kings­burgh

V Piet Ma­ti­pa, ek hoop jy kry wat jy soek in daar­die kerk. Ek soek nog na ’n kerk waar ek ge­mak­lik voel om el­ke Son­dag in my e­nig­ste je­an en T­hemp met die gaat­jies in te ver­skyn!

– Ban­krot, Riet­fon­tein Voor­ma­li­ge reg­ter Jo­hann van der West­hui­zen ver­dui­de­lik die reg in le­ke­taal, mis­kien moet hy ’n boek oor­weeg.

– Jan Pier­re van Ton­der se ver­sko­ning kom te laat en hy moet eer­der be­dank as uit­voe­ren­de hoof van S­pur. Sy oor­haas­ti­ge en een­sy­di­ge be­sluit het S­pur per­ma­nen­te ska­de be­rok­ken.

– Jou­ber­to

Jo­han de Vil­liers van Ne­der­land is nou ’n spre­ken­de voor­beeld van “bes­te stuur­man staan aan wal” – Wil­lem Jo­han de Vil­liers, keer as­se­blief so gou moont­lik huis­waarts uit Ne­der­land om ons ras­ge­ba­seer­de pro­ble­me op te los. – Jo­han Twee ys­koue bie­re vir og­gend­hoof­pyn prak­ti­seer ons ou ma­ters al van 1967 af. Mis­kien ’n bie­tjie pla­se­bo­ef­fek, maar dis vrek lek­ker!

– Jo­han, Hen­dri­na Die slim man­ne aan die U­ni­ver­si­teit van G­reen­wich het nou eers uit­ge­vind ’n bier help vir ’n ba­be­las. Dis iets wat die Boe­re al 50 jaar weet. Vra maar e­ni­ge troep of jag­ter.

– Piet du Toit Het die Zup­tas ook nou die SMS­ko­lom en ­blok­kies in Beeld ge­kaap? – Om­ge­krap

V Wat­ter af­skeep­koe­rant was Beeld gis­ter? Daar is dan geen blok­raai­sels of SMS’e nie?

– Ont­sto­ke Joe, Se­cun­da Sies, Beeld. 2 Mei se uit­ga­we is reg­tig ’n ver­neuk­koe­rant. Waar is Wat sê jy, blok­raaie, breinkno­pers? Is Beeld van­dag teen half­prys te koop? – Liz, Jo­han­nes­burg Wat ’n ver­leent­heid was Wer­kers­dag 2017 nie! Me­ni­ge groot­kop­pe sit nou met er­ge hoof­py­ne ná die on­smaak­li­ke er­va­rings by saam­trek­ke. Hul­le het se­ker al­mal na die bot­tel ge­gryp!

– Gi­na Max du P­reez, baie dan­kie vir gis­ter se ru­briek. Dit het my weer nu­we moed ge­gee vir Suid­A­fri­ka. – Ka­tryn Kan Beeld se spot­prent­te­ke­naar nie vir ons ’n spot­prent saam­stel van ’n ver­won­de brak wat tjank­tjank weg­hard­loop van Bloem­fon­tein af nie? – Le­ser Daar is ’n kor­rup­te ou man van N­kand­la. Saam met sy ma­ters van In­dië, al­mal Gup­ta. Hul­le kaap die staat, maar ons men­se is mos nie aan die slaap, ons druk hom hard tot hy skree “tat­ta!” – Hans Re­tief Die men­se sê dat Zu­ma moet val.

Hy’t kor­rup­sie ge­pleeg, ’n paar hon­derd­tal. Maar hy steur hom aan nie­mand, hy dink dié is sy land. Hy mag maar, al roer dit die kie­sers se gal.

– Noord, Noord­wes Hen­ri van B­re­da kan doen met ’n vyf­ster­haar­styl! – S­kol­lie ’n Sluip­moor­de­naar wat sy plan­ne op so­si­a­le me­dia ver­kon­dig, is nou nie juis die soort wat e­nig­ie­mand erns­tig gaan op­neem nie.

Met die hui­di­ge be­stuur van mis­daad­in­tel­li­gen­sie en die Val­ke is dit wel die e­nig­ste soort wat hul­le kan vang. – Wyn­and Kok Mat­hews P­ho­sa vir pre­si­dent. Af­ge­sien van al sy an­der goeie ei­en­skap­pe, dig hy ook in A­fri­kaans! Dink aan die ge­dig wat hy sal kan saam­stel met die ti­tel: Ons re­ën­boog­na­sie. – Ca­rel, Mo­re­le­ta­park

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Hen­ri van B­re­da

Piet Ma­ti­pa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.