‘O­lie­re­ser­wes ver­koop, nie ge­ro­teer’

Beeld - - Sake -

Daar was oog­lo­pen­de kor­po­ra­tie­we be­stuurs­pro­ble­me met die ver­koop van tien mil­joen va­te van Suid­A­fri­ka se o­lie­re­ser­wes in 2015 – ’n sui­wer ver­koop­tran­sak­sie wat nie daar­op ge­mik was om voor­raad te “ro­teer” nie, het M­ma­mo­lo­ko Ku­bayi, nu­we mi­nis­ter van e­ner­gie, gis­ter aan LP’s ge­sê.

Sy het met haar eer­ste ver­sky­ning as mi­nis­ter voor die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor e­ner­gie ge­sê die on­der­soek na die kwes­sie is af­ge­han­del. Die ver­slag sal la­ter aan die ko­mi­tee oor­han­dig word.

Bu­si­ness Day het ver­le­de jaar be­rig dat die Stra­te­gie­se Brand­stof­fonds (SFF), ’n fi­li­aal van die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds (SEF), tien mil­joen va­te ru­o­lie in De­sem­ber 2015 ver­koop het – ba­sies Suid­A­fri­ka se he­le stra­te­gie­se voor­raad.

Dit is van die hand ge­sit toe o­lie­pry­se die laag­ste was in agt jaar en die ou­di­teur­ge­ne­raal het die tran­sak­sie ge­kri­ti­seer om­dat dit nie Suid­A­fri­ka se re­ser­wes be­skerm nie.

Si­bu­si­so Ga­me­de, die fonds se waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof, het be­dank voor die de­par­te­ment van e­ner­gie in Ju­lie ver­le­de aan­ge­kon­dig het dat die ver­koop­kon­trak­te her­sien sal word.

Die de­par­te­ment het ver­le­de jaar ook be­gin on­der­soek in­stel na ’n po­ging van die SSF om C­hev­ron se ba­tes in Suid­A­fri­ka te koop.

Die DA en Co­pe het des­tyds ge­vra dat Ti­na Joe­mat­Pet­ters­son, die vo­ri­ge mi­nis­ter van e­ner­gie, se rol hier­in on­der­soek moet word.

Ku­bayi het aan die ko­mi­tee ge­sê sy het aan die SEF ge­skryf waar­in sy dié or­ga­ni­sa­sie op­drag ge­gee het om die land se o­lie­re­ser­wes “te be­vei­lig”.

“Ek het ook ge­vra dat die ge­vol­ge (van be­slui­te) be­stuur word, want as jy deur die ver­slag werk, kom jy ag­ter dat daar­die uit­voe­ren­de be­sluit­ne­mers bui­te hul be­voegd­he­de op­ge­tree het.

“Dit is waar­mee ons sit, voor­sit­ter,” het Ku­bayi ge­sê.

Die pro­bleem is vol­gens Ku­bayi dat die SEF moet gaan kyk na moont­li­ke op­tre­de teen men­se wat reeds weg is.

“As dit ek was, sou ek da­de­lik ’n op­drag uit­ge­reik het om die be­trok­ke­nes te skors en tug­stap­pe te doen, maar om­dat men­se weg is, moet ons vas­stel wat­ter regs­op­sies ons het.”

Sy sal aan die ko­mi­tee ver­slag doen so­dra daar op ’n be­paal­de op­tre­de be­sluit is. – P­hil­da Es­sop

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.