Rom­mel­sta­tus, Paas­na­week ‘rem mo­tor­ver­ko­pe in SA met 13,4%’

Beeld - - Sake -

Die po­si­tie­we ten­dens in die ver­ko­pe van nu­we voer­tuie be­gin van­jaar is in A­pril in sy spo­re ge­stuit en dit is vol­gens Wes­bank ’n reg­streek­se ge­volg van die af­gra­de­ring van SuidA­fri­ka se kre­diet­sta­tus tot rom­mel.

Ned­bank wys daar­op dat die va­kan­sie­dae in dié tyd­perk ook ’n tol help eis het.

Die ver­ko­pe van nu­we voer­tuie in al­le klas­se, bui­ten me­di­um­ kom­mer­si­ë­le voer­tuie, het skerp ge­daal in A­pril, sê die Na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van Mo­tor­ver­vaar­di­gers (Naam­sa).

Ver­ko­pe van nu­we voer­tuie het in A­pril op ’n jaar­grond­slag met 13,4% tot 34 956 ge­daal. ’n Groot deel van die la­er ver­ko­pe kan toe­ge­skryf word aan die baie va­kan­sie­dae in A­pril en dat Paas­na­week van­jaar in A­pril was, ter­wyl dit ver­le­de jaar in Maart was.

Uit­voer het ook skerp ge­daal. Die 24 449 voer­tuie wat uit­ge­voer is, is 8 383 voer­tuie of 25,5% min­der as ’n jaar ge­le­de.

In A­pril is 22 452 pas­sa­siers­mo­tors ver­koop – 3 560 mo­tors, of­te­ wel 13,7% min­der as in A­pril 2016.

Ni­cho­las N­ko­si, hoof van Stan­dard Bank se af­de­ling vir voer­tuig­ en ba­te­fi­nan­sie­ring, sê die ver­ko­pe bly on­der druk en die swak­ker as ver­wag­te da­ling kan toe­ge­skryf word aan ’n kom­bi­na­sie van die Paas­na­week en druk op be­kos­tig­baar­heid wat aan­ge­vuur word deur ho­ër pry­se van nu­we voer­tuie.

“Die druk op ver­ko­pe sal na ver­wag­ting voort­duur van­jaar,” sê N­ko­si.

10 592 lig­te han­dels­voer­tuie, bak­kies en mi­ni­bus­se is ver­koop, ’n da­ling van 1 625 of 13,3% min­der as ’n jaar ge­le­de.

In die ka­te­go­rie vir mid­del­slag­vrag­mo­tors is 22, of­te­wel 3,8%, min­der vir ’n to­taal van 562 ver­koop. 185 of 12,1% min­der swaar vrag­mo­tors is vir ’n to­taal van 1 350 ver­koop.

Naam­sa sê ná die be­ter ver­ko­pe in die eer­ste drie maan­de het die voor­uit­sig vir die res van van­jaar ne­ga­tief ge­draai weens die “bui­ten­ge­wo­ne” po­li­tie­ke ge­beu­re van ein­de Maart en be­gin A­pril.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.