‘SA het ge­noeg’

Beeld - - Sake -

Suid­A­fri­ka het tans oor­ge­noeg e­lek­tri­si­teit om in sy be­hoef­tes te voor­sien.

Dit was nie vyf jaar ge­le­de so toe land­wye beurt­krag ge­heers het nie, maar se­dert­dien is nu­we krag­op­wek­kings­ver­moë by­ge­voeg dank­sy die nu­we steen­kool­krag­sta­sies en wind­ en son­krag, ter­wyl ver­bruik ge­krimp het weens swak e­ko­no­mie­se groei en ho­ër krag­kos­te, sê dr. Da­vid Fig, na­vor­sings­ge­noot aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad (UK).

Krag­vraag het so ge­daal dat E­s­kom die slui­ting van vyf steen­kool­krag­sta­sies wil ver­vroeg, sê Fig.

Die ar­gu­ment dat Suid­A­fri­ka nog 9,6 GW se kern­krag no­dig het, spruit vol­gens hom uit ver­ou­der­de stu­dies van 2011. On­lang­se stu­dies van die UK se E­ner­gie­na­vor­sing­sen­trum wys dat die land kern­krag eers oor 20 jaar hoef te oor­weeg.

Prof. An­ton E­ber­hard van die UK se na­graad­se sa­ke­skool sê op T­wit­ter die krag­vraag in Suid­A­fri­ka is nou la­er as wat dit ’n de­ka­de ge­le­de was en daar is geen ra­si­o­ne­le re­de om nou groot nu­we krag­sta­sies te bou nie.

Ben He­ard, ’n Aus­tra­lie­se kon­sul­tant en kamp­veg­ter vir kern­krag, sê op sy beurt die land se krag­vraag is net slui­me­rend en nog e­lek­tri­si­teit is no­dig om be­leg­gings te lok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.