Wen­ke om jou sou­t­in­na­me te ver­min­der

Beeld - - Sake -

Ver­ruil jou ont­byt­graan vir ’n hard­ge­kook­te ei­er of ha­wer­mout.

Kies jou brood ver­sig­tig, ver­ge­lyk die sou­tin­houd per 100 g en kies die brood met die laag­ste sou­tin­houd.

Ver­min­der die ver­werk­te kos wat jy eet. Ver­werk­te vleis soos wors, po­lo­nie, Ween­se wor­sies, bil­tong, dro­ë­wors en toe­brood­jie­vleis be­vat baie sout.

Maak jou eie kos en eet baie groen­te, vol­graansty­sel en vars vleis, hoen­der en vars of be­vro­re vis wat geen ma­ri­na­des of geur­mid­dels be­vat nie.

Maak jou eie dun sop met min sout en af­trek­sel met vars groen­te en vleis. Sop en af­trek­sels word dik­wels met baie sout ge­maak. Hoe­wel jy nie baie ge­bruik nie, kan dit jou daag­lik­se sou­tin­houd byna ver­dub­bel.

Geur eer­der jou kos met on­ge­sou­te kruie en spe­se­rye, suur­le­moen­sap, vars knof­fel, vars gem­mer, vars ris­sies en on­ver­soe­te jo­gurt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.