Swak groei SA se eie skuld, sê ken­ner

Beeld - - Sakenuus -

Suid­A­fri­ka is die ag­ter­ry­er wan­neer dit by ont­lui­ken­de mark­te kom en dis sy eie skuld dat hy so sta­dig groei.

Vol­gens dr. Mar­tyn Da­vies, be­stu­ren­de di­rek­teur vir ont­lui­ken­de mark­te en A­fri­ka by De­loit­te A­fri­ca, toon lan­de soos Ke­nia, E­thi­o­pië en R­wan­da groei van meer as 5%. Dit is aan­sien­lik ho­ër as die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds (IMF) se voor­uit­sig van 0,8%­groei vir Suid­A­fri­ka.

“Suid­A­fri­ka be­vind hom in ’n struk­tu­re­le e­ko­no­mie­se ag­ter­uit­gang en dit is am­per heel­te­mal weens doe­le wat ons teen ons­self aan­te­ken,” sê hy.

Da­vies sê daar is se­dert die eer­ste kwar­taal van­jaar baie steun vir ont­lui­ken­de mark­te, maar Suid­A­fri­ka het nie voor­deel daar­uit ge­trek nie.

Daar word by­voor­beeld ver­wag dat die In­die­se e­ko­no­mie met tus­sen 7% en 7,5% gaan groei, ter­wyl C­hi­na on­langs kwar­taal­lik­se groei van 6,9% be­kend ge­maak het.

Vol­gens Da­vies be­hoort Suid­A­fri­ka “sterk in­set­te” vir groei te er­vaar.

Die struk­tu­re­le be­per­kings in die Suid­A­fri­kaan­se e­ko­no­mie is vol­gens hom weens “po­li­tie­ke wan­be­stuur”.

Die af­dan­king van Pra­vin Gord­han was tot groot na­deel van die e­ko­no­mie. “Die land se po­li­tie­ke lei­ers­korps het be­sluit om nie voor­deel uit die wê­reld­wye steun vir ont­lui­ken­de mark­te te t­rek nie en het ’n be­wus­te be­sluit ge­neem om in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting te be­weeg,” sê hy.

Les­se uit Oos­A­fri­ka

Da­vies sê E­thi­o­pië en R­wan­da is die lan­de wat e­ko­no­mies die bes­te op die vas­te­land be­stuur word.

Dit is om­dat hul­le doel­tref­fend be­stuur word en hul­le het óf ont­slae ge­raak van kor­rup­sie óf dit ver­min­der.

Da­vies wys op die be­lang­rik­heid van di­ver­si­fi­ka­sie en ge­bruik Ke­nia as voor­beeld van ’n land met ’n e­ko­no­mie wat deur sa­ke en nie hulp­bron­ne nie aan­ge­dryf word.

Di­ver­si­fi­ka­sie kan nie net soos ’n lig aan­ge­ska­kel word nie, sê hy.

“Di­ver­si­fi­ka­sie vind nie plaas wan­neer die staat in­gryp nie. Dit kom wan­neer die staat dit (di­ver­si­fi­ka­sie) moont­lik maak.” Daar is ’n “fan­tas­tie­se groep maat­skap­pye” in SuidA­fri­ka, maar po­li­ti­ci maak dit moei­lik vir sa­ke­on­der­ne­mings.

Dit dra by tot die lae vlak­ke van groei in die land, sê Da­vies. – Fin24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.