Ver­vaar­di­ging gaan weer swaar t­rek

Beeld - - Sakenuus -

On­danks te­kens van ’n op­swaai in ver­vaar­di­ging be­gin van­jaar blyk dit nou dat dié sek­tor ná die on­lang­se af­gra­de­rings weer gaan swaar t­rek.

Ab­sa se aan­ko­pe­be­stuur­der­s­in­deks (PMI) het ná ’n ste­wi­ge ver­to­ning in die eer­ste kwar­taal van­jaar in A­pril ge­val. Die PMI het van ’n ge­mid­del­de van 51,9 in die eer­ste kwar­taal tot 44,7 ge­val.

Die PMI dui op ’n “row­we” be­gin tot die twee­de kwar­taal van­jaar, sê Ab­sa.

Die sa­ke­ak­ti­wi­teits­in­deks het ge­tui­mel met 16,5 pun­te tot 37 – die naas­groot­ste aan­ge­te­ken­de da­ling. Die hui­di­ge vlak van 37 is die laag­ste se­dert 2009, sê Ab­sa.

Die in­deks vir nu­we ver­koops­be­stel­lings het in A­pril skerp ge­daal na­dat dit vyf maan­de ag­ter­een­vol­gens op ’n ver­be­te­ring in vraag ge­dui het. Die in­deks het met 8,3 pun­te tot 44,4 ge­val.

Die ver­swak­king is waar­skyn­lik weens die ver­wag­tin­ge van ’n swak­ker plaas­li­ke vraag, want re­spon­den­te het steeds groei in uit­voer­be­stel­lings ver­wag.

Die voor­raa­d­in­deks het ook in A­pril tot sy laag­ste vlak se­dert 2009 ge­daal. Die in­deks het met 10,7 pun­te tot 41,3 ge­val na­dat dit bo die neu­tra­le vlak van 50 vir die he­le eer­ste kwar­taal was.

Die in­diens­ne­mings­in­deks was re­la­tief on­ver­an­derd in A­pril. Ab­sa sê dit is ’n ver­ras­sing in ag ge­no­me die skerp da­lings in die an­der in­dek­se. As die swak­heid in pro­duk­sie en vraag wel voort­duur, kan in­diens­ne­ming ook in die vol­gen­de paar maan­de ver­swak.

Ab­sa sê A­pril was die eer­ste vol­le pei­ling ná die on­lang­se ka­bi­net­s­kom­me­ling en ge­volg­li­ke af­gra­de­rings.

“Dit is waar­skyn­lik dat re­spon­den­te nou ver­wag dat e­ko­no­mie­se groei en plaas­li­ke vraag swak­ker as te­vo­re gaan wees,” sê Ab­sa in ’n ver­kla­ring.

Hul­le ver­wag daar­om min­der be­stel­lings en ak­ti­wi­teit in die af­sien­ba­re toe­koms, sê Ab­sa.

– Niel Jou­bert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.