EU be­kom­merd oor SA hoen­ders se ‘ge­sond­heid’

Beeld - - Sakenuus -

Die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) is be­kom­merd oor bloot­stel­ling aan ver­bo­de me­di­sy­ne en groei­hor­mo­ne in on­der meer die pluim­vee­be­dryf, as­ook Suid-A­fri­ka se ver­moë om dié pro­ble­me te ta­kel.

Des­sis­la­va C­hou­me­lo­va, die EU se raad­ge­wer oor han­del en e­ko­no­mie, het gis­ter aan die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor han­del en ny­wer­heid ge­sê daar is kom­mer oor die land se ver­moë om streng sa­ni­tê­re be­heer uit te voer.

Die te­kort aan per­so­neel by staats­vee­art­se en “pro­ble­me” by Suid-A­fri­ka se la­bo­ra­to­ri­ums is in ge­sond­heids­ou­dits, wat in Fe­bru­a­rie ge­doen is, ge­noem as re­des vir kom­mer oor ge­sond­heid en vei­lig­heid.

“Ons moet oor­tuig wees van Suid-A­fri­ka se ver­moë om bloot­stel­ling aan ver­bo­de me­di­sy­ne en groei­hor­mo­ne die hoof te bied, nie net vir pluim­vee nie, maar vir al­le kom­mo­di­tei­te.”

Dié voor­leg­ging is deel van ’n twee­de ron­de ge­sprek­ke om te kyk na die kri­sis in die Suid-A­fri­kaan­se hoen­der­be­dryf.

In Maart het an­der be­lang­heb­ben­des, soos die Suid-A­fri­kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa) en die Food and Al­lied Wor­kers U­ni­on (Fa­wu), ge­sê die groot werk­ver­lie­se in die be­dryf is die ge­volg van in­voer en die stor­ting van goed­koop hoen­der uit die EU en Bra­si­lië. C­hou­me­lo­va sê se­dert De­sem­ber ver­le­de jaar was daar ’n skerp af­na­me in hoen­de­ruit­voer van die EU. “In­voer uit die EU se aan­deel in Suid-A­fri­ka se hoen­der­ver­bruik was nie meer as 10% ver­le­de jaar nie,” sê C­hou­me­lo­va.

Sy sê hoen­ders wat uit die EU in­ge­voer word, is van die­self­de “hoë ge­hal­te” as wat in die EU ver­koop word en dat daar geen stor­ting in die Suid-A­fri­kaan­se mark plaas­vind nie.

Die EU sub­si­di­eer ook nie pro­duk­sie of die in­voer van hoen­der uit die EU se lid­lan­de nie.

Die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye het on­langs ge­vra dat SuidA­fri­ka mark­toe­gang kry vir sy hoen­der, wat vol­gens C­hou­me­lo­va goed ont­vang sal word. “Ek sien nie waar­om daar nie ruim­te sal wees vir Suid-A­fri­kaan­se hoen­der in Eu­ro­pa nie.” – Fin24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.