Win­kels ge­kap oor hul­le ver­ga­de­ring nie by­woon

Beeld - - Sakenuus -

Die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor han­del en ny­wer­heid wil win­kel­groe­pe dalk ver­plig om ko­mi­tee­ver­ga­de­rings oor die pro­ble­me in die hoen­der­be­dryf by te woon.

Jo­an­ma­ri­ae Fubbs, voor­sit­ter van dié por­te­feul­je­ko­mi­tee, sê die ko­mi­tee het in be­gin­sel be­sluit om die par­le­men­tê­re re­ëls te ge­bruik om win­kel­groe­pe te ont­bied.

Fubbs sê in ’n ver­kla­ring die ko­mi­tee het ’n uit­no­di­ging aan S­hopri­te, Wool­wort­hs, Pick n Pay en S­par ge­rig om ’n ver­ga­de­ring by te woon om in­lig­ting te ver­skaf oor hoe hul­le pry­se en wins­gren­se op hoen­der be­paal.

“Die ko­mi­tee het net kort ge­skre­we voor­leg­gings van som­mi­ge van die win­kel­groe­pe ont­vang,” sê Fubbs.

Die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) en die Ver­e­ni­ging vir Vee­voer­ver­vaar­di­gers het on­der meer gis­ter voor­leg­gings aan die ko­mi­tee ge­doen.

Vol­gens Fubbs is die af­we­sig­heid van die k­lein­han­de­laars be­vraag­te­ken toe die EU ver­wys het na die wins­gren­se van tot 45% wat op hoen­der­pro­duk­te deur hul­le ge­neem word.

“Ons sal moet be­sluit wat­ter re­ël van die par­le­ment ge­bruik kan word om­dat ’n ver­soek om by­wo­ning ons nê­rens kry nie.”

Vol­gens haar het die ko­mi­tee be­sluit om weer die k­lein­han­de­laars te nooi om op 9 Mei ’n ver­ga­de­ring by te woon.

As hul­le dan nie op­daag nie, sal hul­le ont­bied word, sê Fubbs.

Sy sê die be­sluit is ge­neem om­dat die ko­mi­tee­le­de te­leur­ge­steld is om­dat die win­kel­groe­pe, wat baie wer­kers het, nie eens een ver­teen­woor­di­ger kon stuur nie.

Som­mi­ge ko­mi­tee­le­de meen dat die win­kel­groe­pe dalk ag­ter die skerms oor­een­ge­kom het om die ver­ga­de­ring nie by te woon nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.