Kings ‘groot­ste lig­punt in SA rug­by’

Brei­er Da­vids ver­rig won­de­re met ag­ter­os

Beeld - - Sport - Michael G­reen

Die spel van die Sout­hern Kings is vir hom die groot­ste lig­punt in Suid-A­fri­kaan­se rug­by, sê P­hil P­re­to­ri­us.

P­re­to­ri­us is ’n voor­ma­li­ge af­rig­ter van die Bul­le en Ton­ga en be­klee nou die pos as di­rek­teur van T­sjeg­gie­se rug­by.

“De­on Da­vids (die Kings se hoof­af­rig­ter) het iets groots met die Kings reg­ge­kry,” sê P­re­to­ri­us.

“Al is die span 30 pun­te ag­ter, hou hul­le nie op om aan te val nie.”

P­re­to­ri­us het na die Kings se wed­stryd ’n paar we­ke ge­le­de teen die Reds ver­wys as ’n “o­pen­ba­ring met drie drieë in agt mi­nu­te en nog twee wat nie toe­ge­ken is nie”.

Een van die Kings se spe­lers wat P­re­to­ri­us se aan­dag ge­trek het, is die lin­ker­vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi. “Hy het fan­tas­tie­se voet­werk en spoed. Sy drie teen die Reds was een van die hoog­te­pun­te van die sei­soen,” sê hy.

P­re­to­ri­us sê dat dit ’n “groot jam­mer­te” sal wees as die Kings en die C­hee­tahs, “waar­skyn­lik Suid-A­fri­ka se groot­ste bron van nu­we spe­lers en af­rig­ters”, hul plek in die Su­per­rug­by-reeks sou ver­loor. P­re­to­ri­us sê Suid-A­fri­kaan­se rug­by skuld die Leeus ’n groot pluim­pie.

“Toe die S­tor­mers hul­le ge­roem het op hoe min drieë hul­le af­staan en die mees­te Suid-A­fri­kaan­se span­ne ’n vei­lig­heid-eer­ste-be­na­de­ring ge­volg het, het die Leeus aan­ge­val en eers ver­loor en toe ge­wen,” sê hy.

“Hul­le het SuidA­fri­ka ge­wys dat bal-in-die-hand ook wen­rug­by kan wees en ge­luk­kig speel die an­der SA span­ne ook nou so.”

’n Paar an­der spe­lers wat P­re­to­ri­us be­ïn­druk, is:

■ Ko­bus van Wyk

(vleu­el, Haaie): “Ho­pe spoed, kan sy di­rek­te op­po­nent

klop.” ■ RG Sny­man (slot, Bul­le): “Hy gaan ’n gro­te word.”

■ Ha­rold Vor­ster (sen­ter, Leeus): “Sy hoek van hard­loop vir die drie teen die S­tor­mers was die bes­te wat ek in ’n lang tyd ge­sien het.”

■ SP Ma­rais (heel­ag­ter, S­tor­mers): “As hy aan die bal raak, ge­beur daar iets po­si­tiefs.”

■ Lees la­ter in die week op Net­werk24 waar P­re­to­ri­us meer oor sy werk in T­sjeg­gië ver­tel.

Die vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi be­ïn­druk P­hil P­re­to­ri­us met sy spel in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks. Ma­pim­pi gaan sy loop­baan la­ter die sei­soen by die Vry­staat­C­hee­tahs voort­sit. Fo­to: GALLO IMAGES

De­on Da­vids

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.