B­jorn dalk teen­voe­ter vir ’Ca­nes se tak­tiek

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die Hur­ri­ca­nes se ver­moë om drieë met dwars­skop­pe te skep, kan die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, noop om vir B­jorn Bas­son op vleu­el te kies vir Vry­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd in Wel­ling­ton.

Bit­ter min spe­lers in wê­reld­rug­by kan só goed soos Bas­son om ’n hoë bal mee­ding en hy is die reg­te teen­voe­ter vir wan­neer die All Black-los­ska­kel Beau­den Bar­rett met daar­die tak­tiek vo­ren­dag kom.

In­dien F­leck dié skuif maak, be­hoort dit in die plek van C­heslin Kol­be te wees. Die laas­te paar we­ke het as be­ves­ti­ging ge­dien dat Kol­be op Su­per­rug­by-vlak on­tuis is in die vleu­el-po­si­sie. Sy goeie po­si­si­o­ne­le spel en nut­ti­ge skop­ste­wel, te­sa­me met sy aan­val­len­de deug­de, maak van hom ’n skaf­li­ke heel­ag­ter.

SP Ma­rais ge­dy eg­ter dié sei­soen in die laas­te ves­ting en dis ’n ope vraag of F­leck sy lin­ker-skop­ste­wel sal wil in­boet om vir Kol­be plek te maak.

Ju­an de Jongh sal waar­skyn­lik in een van die sen­ter-po­si­sies op­draf. Met sy lei­er­skap in die mid­del­veld be­hoort die S­tor­mers be­ter te ver­de­dig, maar ter­self­der­tyd gaan dit meer as net twee ver­an­de­rings in die ag­ter­lyn verg om die ve­le ga­te toe te stop.

Die S­tor­mers het in hul laas­te twee wed­stry­de – teen die Cru­sa­ders en High­lan­ders – 17 drieë af­ge­staan. Wan­neer jy na dié on­vlei­en­de stuk­kie sta­tis­tiek kyk, moet jy nie bloot die af­rig­ting be­vraag­te­ken nie, maar ook die spe­lers se spel­dis­si­pli­ne en be­reid­wil­lig­heid om die lyf op die spel te plaas.

In­dien F­leck ge­trou is aan sy woord, het ons nog nie die ein­de van die voort­va­ren­de rug­by ge­sien wat die S­tor­mers in Nieu-See­land duur te staan ge­kom het nie.

’n Spe­si­fie­ke speel­styl word skyn­baar bo tak­tiek ver­hef en ’n mens kan reeds in jou gees­tes­oog sien hoe die S­tor­mers hul­le vir teen­aan­val­le gaan kwes­baar maak deur die wed­stryd te speel soos die Hur­ri­ca­nes daar­van hou.

Die voor­spe­lers wat F­leck van­dees­week tot sy be­skik­king het, bied vir hom min op­sies. In­dien Chris van Zyl van har­sing­skud­ding her­stel, sal ’n slot­paar uit hom, Jan de K­lerk, JD S­chic­ker­ling en Ryn­hardt El­stadt ge­kies kan word.

El­stadt is veel eer­der ’n flank en dit sal nie ver­baas nie as hy in ’n kom­bi­na­sie met Siya Ko­li­si en een van Ni­zaam Carr of Sik­hum­bu­zo Nots­he ge­kies word.

Fo­to: GETTY IMAGES

B­jorn Bas­son se lug­vaar­dig­he­de sal hom waar­skyn­lik van ’n plek in die S­tor­mers se be­gin­span ver­se­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.