C­hee­tahs moet let op eer­ste duik­slae

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die se­we drieë wat die Cru­sa­ders Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein ge­druk het, het mee­ge­bring dat die C­hee­tahs nou 42 drieë – die mees­te tot dus­ver in die Su­per­rug­by-reeks – af­ge­staan het.

En die na­week wag daar nog ’n Ki­wi-span op hul­le.

Die High­lan­ders is Vry­dag­aand in Bloem­fon­tein hul teen­stan­ders, waar­na hul­le Sa­ter­dag op ’n moei­li­ke toer na Nieu-See­land ver­trek.

Vol­gens die C­hee­tahs se ver­de­di­gings­af­rig­ter, C­harl S­try­dom, het hul­le min­stens 45 duik­slae Sa­ter­dag teen die Cru­sa­ders ver­brou.

“Die drieë wat die Cru­sa­ders teen ons ge­druk het, het ge­kom van fou­te en eer­ste duik­slae wat ons ge­mis het. Hul ver­moë met bal in die hand is goed,” sê S­try­dom.

Hy sê hul­le sal teen die High­lan­ders nie die­self­de fout be­gaan deur so baie spe­lers by die af­breek­pun­te te be­trek nie, want dit het die Cru­sa­ders in staat ge­stel om aan­val­le te loods om­dat daar toe nie ge­noeg spe­lers oor was om te keer nie.

Die C­hee­tahs het juis gis­ter daar­op ge­fo­kus dat ver­al die ag­ter­ste

drie­hoek van Clay­ton Blom­me­tjies, Ray­mond R­hu­le en Ser­ge­al Pe­ter­sen Vry­dag teen die High­lan­ders se fris ag­ter­spe­lers hul­le man kan staan. Die Cru­sa­ders het ge­wys een ver­de­di­gings­blaps kan tot pun­te lei, soos toe R­hu­le met hul eer­ste drie in die mid­del­veld af­ge­stamp is. Pe­ter­sen is ook aan die be­gin mak­lik ge­klop.

Hy het eg­ter la­ter ge­wys hoe die sterk Nieu-See­land­se vleu­els in toom ge­hou moet word deur hul­le met bal en al te be­trap nog voor­dat hul­le op vaart kan kom.

Pe­ter­sen (1,71 m, 82 kg), wat nou nie juis een van die groot­ste vleu­els in die reeks is nie, se di­rek­te teen­stan­der Vry­dag is Pa­trick Os­bor­ne (1,89 m, 108 kg) en dit gaan nie ’n mak­li­ke taak wees om hom in toom te hou nie.

“Hul­le (Os­bor­ne en Wai­sa­ke Na­ho­lo, 1,86 m, 96 kg, die reg­ter­vleu­el) is groot spe­lers wat met die bal in die hand dit reg­kry om spe­lers met ge­mak af te stamp en dan nog die bal uit te gee. Ons sal dus Vry­dag se­ker moet maak van eer­ste duik­slae,” sê S­try­dom. Hy sê as die C­hee­tahs min­der spe­lers by die af­breek­pun­te in­span, sal dit be­ter gaan en hy hoop vir ’n baie be­ter ver­to­ning op ver­de­di­ging teen die High­lan­ders.

Ser­ge­al Pe­ter­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.