Net­bal­huur­sol­da­te raak slim oor­see

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Die Pro­tea-net­bal­spe­ler E­rin Bur­ger het ver­le­de jaar ’n wy­le in S­tel­len­bosch ge­woon. Toe t­rek sy te­rug P­re­to­ria toe.

Nou woon sy in Ro­bert­son. Dit is nou Ro­bert­son, ’n buurt van B­ris­ba­ne.

Bur­ger was ’n laat in­slui­ting in die span van die Qu­eens­land Fi­re­bi­rds, een van die agt span­ne wat aan die nu­we Aus­tra­lie­se Su­per­liga deel­neem.

Bur­ger se Pro­tea-span­maat Kar­la Mos­tert is ’n lid van die Suns­hi­ne Co­ast Lig­ht­ning in Qu­eens­land.

Die Pro­tea-doel Le­ni­ze Pot­gie­ter speel op haar beurt in die Nieu-See­land­se Su­per­liga vir die Wai­ka­to Bay of Plen­ty Ma­gic en woon in Ha­mil­ton.

Bon­gi M­so­mi, die SA kap­tein, draf uit vir Was­ps in die En­gel­se Su­per­liga.

Bur­ger sê dié ge­leent­heid oor­see is ’n droom wat waar ge­word het.

Haar span­maats sluit in Ro­mel­da Ai­ken van Ja­mai­ka en die Aus­tra­li­ërs Cait­lyn Ne­vins, G­re­tel Tip­pett en Ga­bi Simp­son.

Die 30-ja­ri­ge Bur­ger is ’n er­va­re sen­ter­baan­spe­ler, maar sê sy leer ver­al baie by Ne­vins, ook ’n sen­ter­baan­spe­ler.

“Sy is ver­skrik­lik goed om die an­der span op te som en te weet wat werk en wat om te ve­ran­der. Ek dink ek kan sê dat ek by al­mal leer en so­veel as moont­lik pro­beer in­neem en ho­pe­lik kan ek van die ken­nis te­rug­neem na Suid-A­fri­ka.”

Die P­re­to­ri­a­ner sê die span­op­set en die kom­pe­ti­sie is baie pro­fes­si­o­neel.

“Ons het by el­ke oe­fe­ning ’n dok­ter, ’n fi­si­o­te­ra­peut, ’n kon­di­si­o­ne­rings­brei­er en ’n a­na­lis. Dan kan jy nog die voetspe­si­a­lis, sport­siel­kun­di­ge

en die voe­dings­kun­di­ge be­soek.”

Pot­gie­ter (23) sê sy leer nie net om har­de, fi­sie­ke net­bal te speel nie, maar ook om te vol­hard, al is sy hoe moeg.

“Ca­sey (Ko­pua, die kap­tein) is ’n spe­ler wat nie voor­gee nie. Sy is eer­lik, reg­uit en sê ’n ding soos dit is. Ek kan goeie net­bal speel én leer om op ’n o­preg­te ma­nier eer­lik te wees,” sê Pot­gie­ter.

“Ek het ge­leer om baie ster­ker en stand­vas­ti­ger in die sir­kel te speel. Ek het ook ge­leer om meer self­ver­troue te hê met lang doel­po­gings.”

Pot­gie­ter is naas J­ha­nie­le Fo­w­ler-Reid van die Sout­hern Steel die voor­ste doel in die Ki­wi-reeks. Sy het 298 van haar 326 doel­po­gings ge­sink.

Wai­ka­to is tans twee­de op die pun­te­leer.

Mos­tert se Lig­ht­ning is der­de op die Aus­sie-pun­te­lys en die Fi­re­bi­rds vyf­de.

Bur­ger sê haar span­maats speel nie al­mal heel­tyds net­bal nie. “Van hul­le stu­deer of werk twee dae per week.”

Le­ni­ze Pot­gie­ter

E­rin Bur­ger Fo­to’s: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.