Ou at­le­tiek­re­kords bly dalk in die slag

Beeld - - Sport -

Wê­reld­re­kords in at­le­tiek wat voor 2005 op­ge­stel is, kan straks uit die re­kord­boe­ke ge­wis word as At­le­tiek Eu­ro­pa (EA, die be­heer­lig­gaam vir die sport in Eu­ro­pa) sy sin kry.

EA het ge­vra dat ’n nu­we stel ver­eis­tes moet geld voor­dat ’n re­kord er­ken word en as dit be­krag­tig word, sal dié re­kords in die slag bly.

Dié be­heer­lig­gaam het ’n ver­slag op­ge­stel wat hy aan die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies gaan voor­lê en wat op die IAAF-kon­gres in Au­gus­tus be­spreek sal word.

In­ge­vol­ge EA se voor­stel­le sal re­kords s­legs er­ken word by by­een­koms­te waar daar be­amp­tes en teg­nie­se toe­rus­ting van hoog­staan­de ge­hal­te is.

T­wee­dens moet ’n amp­te­li­ke ge­tal op­kik­ker­toet­se in die maan­de voor ’n re­kord­ver­to­ning

ge­skied en dan moet die at­leet se bloed- en u­ri­ne­mon­sters vir tien jaar be­waar word so­dat dit in die toe­koms weer ge­toets kan word.

Dit kan mee­bring dat re­kords wat tot in 2004 op­ge­stel is, in die sper­vuur is, want die IAAF het eers in 2005 be­gin om mon­sters te berg.

“Daar is hui­di­ge re­kord­hou­ers wat sal dink dat ons die ge­skie­de­nis pro­beer her­skryf, maar ek glo dit is ’n stap in die reg­te rig­ting. As ons ons huis­werk doen en die struk­tu­re reg­kry, meen ek kan ons die sport se ver­lo­re aan­sien her­win,” meen Se­bas­ti­an Coe, pre­si­dent van die IAAF.

Pau­la Rad­clif­fe, die B­rit­se lang­af­stand­at­leet wat steeds die vrou­e­re­kord vir die ma­ra­thon hou wat sy in 2003 op­ge­stel het, het dié voor­stel as “laf­har­tig” af­ge­maak.

Sy meen die be­sluit sal haar naam ska­de be­rok­ken en haar waar­dig­heid aan­tas. Sy sê die be­heer­lig­gaam het nie ge­noeg ge­doen om “skoon at­le­te” te be­skerm nie.

Pier­ce O’Cal­lag­han, hoof van die taak­span wat met die voor­stel vo­ren­dag ge­kom het, sê dis jam­mer dat on­skul­di­ge at­le­te on­reg­streek­se ska­de sal ly.

As die IAAF dié voor­stel­le aan­vaar, kan van die mees i­ko­nie­se re­kords in die slag bly.

Hi­cham el Gu­er­rouj van Ma­rok­ko se re­kords in die 1 500 m (3:26.00) en die myl (3:43.13), wat hy on­der­skei­de­lik in 1998 en 1999 op­ge­stel het, sal uit­ge­wis word, ter­wyl Mi­ke Po­well se sprong van 8.95 m in die ver­spring by die Wê­reld­by­een­koms in 1991 in To­kio ook daar­mee heen sal wees.

Daar is ook et­li­ke vrou­e­na­el­loop­wê­reld­re­kords waar­oor al lank ge­gis word. Die A­me­ri­ka­ner Flo­ren­ce G­rif­fith Joy­ner (100 en 200), die Oos-Duit­ser Ma­ri­ta Koch (400) en die T­sjeg Jar­mila Kra­to­chvílo­vá (800) se re­kords staan al se­dert die 1980’s. Al dié at­le­te word daar­van ver­dink dat hul­le op­kik­kers ge­bruik het.

Die T­sjeg Jar­mila Kra­to­chvílo­vá.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.