Ma­ris­ka wen rol­stoel­ten­nis­ti­tel in Li­taue

Beeld - - Sport -

Ma­ris­ka Ven­ter (21), een van SuidA­fri­ka se op­ko­men­de rol­stoel­ten­nis­spe­lers, het Son­dag die Li­taue­en­kel­spel­ti­tel ge­wen.

Ven­ter het die top­ge­keur­de Re­becka Bel­lan­der van S­we­de met 6­1, 6­3 in Vil­ni­us ge­klop.

Die Suid­A­fri­ka­ner het ver­le­de jaar in die North West­uit­daag­toer­nooi in B­rit­tan­je ook met die S­weed af­ge­re­ken. Ven­ter is 49ste op die wê­reld­rang­lys en Bel­lan­der 38ste.

“Ek is baie op­ge­won­de om my eer­ste ti­tel van die sei­soen te kon wen.

“Ek is trots dat ek ver­be­ter. Ek en my span by die ho­ë­pres­ta­sie­sen­trum (HPC) en my af­rig­ter, Ge­rald S­toff­berg (wat in 2015 met my be­gin saam­werk het), het die laas­te paar maan­de hard ge­werk. Dit werp nou vrug­te af.”

Ven­ter het vroe­ër die half­eind­ron­de van die Me­gaFon D­re­am­cup in Rus­land ge­haal. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.