Ras­sis­me teen­oor teen­stan­der: Moscon ge­skors

Beeld - - Sport -

Die fiets­ry­span Te­am Sky het die I­ta­li­aan­se fiets­ry­er Gi­an­ni Moscon Maan­dag vir ses we­ke ge­skors na­dat hy ’n teen­stan­der, Ke­vin Re­za, ’n ras­sis­tie­se be­le­di­ging toe­ge­snou het ge­du­ren­de die Tour de Ro­man­die.

Die voor­val het Vry­dag plaas­ge­vind ty­dens die der­de skof van die fiets­toer in Pay­erne.

Vol­gens bbc.com het Moscon (23) ook ’n for­me­le waar­sku­wing ont­vang.

Te­am Sky sê in ’n ver­kla­ring: “Ons het ’n tug­ver­hoor ge­hou en Gi­an­ni Moscon het ge­volg­lik ’n for­me­le waar­sku­wing ont­vang en is vir ses we­ke ge­skors. Hy sal ook ’n slyp­skool oor di­ver­si­teit by­woon.

“Gi­an­ni be­sef hy het ver­keerd op­ge­tree en hoe erns­tig Te­am Sky ’n voor­val soos die be­skou.

“Hy het Ke­vin Re­za ná die skof om ver­sko­ning ge­vra – en hom en sy span wéér die vol­gen­de dag – en die ver­sko­ning is aan­vaar. – BBCS­port

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.