Kan Ro­han die Bok­Lomu word?

Beeld - - 24 - Ti­nus van S­ta­den

Lê die be­seer­de S­pring­bok-bin­ne­sen­ter Ro­han Jan­se van Rens­burg se toe­koms straks op reg­ter­vleu­el?

As jy die voor­ma­li­ge Bok-vleu­el C­hes­ter Wil­li­ams vra, is die ant­woord ja.

Wil­li­ams glo Jan­se van Rens­burg, wat tans van ’n knie­be­se­ring her­stel, kan ’n uit­ste­ken­de reg­ter­vleu­el vir die Bok­ke wees.

Dié Leeu-sen­ter kan nog twee maan­de op die kruk­ke­lys wees.

“Hy ver­de­dig uit­ste­kend, hy is vin­nig, hard­loop sterk en hy weet hoe om drieë te druk. In van­dag se rug­by het jy ’n spel­skep­per op vleu­el no­dig. As hy wel vleu­el speel, moet dit reg­ter­vleu­el wees,” sê Wil­li­ams.

’n Lin­ker­vleu­el is ge­woon­lik die vin­ni­ger vleu­el, met die reg­ter­vleu­el wat ’n ster­ker bal­dra­er is. As Wil­li­ams se raad ge­volg word, kan Jan­se van Rens­burg straks ’n groot, sterk vleu­el soos die voor­ma­li­ge All Black-reus Jo­nah Lomu word.

As Wil­li­ams dan ’n Bok-lin­ker­vleu­el moet kies, is daar net een kan­di­daat wat vir hom uit­staan.

“Die C­hee­tahs se Ray­mond R­hu­le is be­slis een van die bes­te vleu­els in die land. Sy werk­ver­rig­ting is uit­ste­kend, hy duik o­ral op. Hy kom bit­ter vin­nig weer op sy voe­te na­dat hy ’n duik­slag uit­ge­voer het. Hy laat my soms aan my­self in my speel­dae dink,” sê Wil­li­ams.

Vol­gens hom is daar nie juis an­der vleu­els wat hom so­veel soos R­hu­le be­ïn­druk nie.

Pie­ter Hen­driks, ’n an­der voor­ma­li­ge Bok-vleu­el, het twee an­der kan­di­da­te in ge­dag­te vir die Bok­ke se toets­reeks teen Frank­ryk in Ju­nie.

“Court­nall S­ko­san speel be­sten­dig goed. Hy het ho­pe vaart en hy kán drieë druk. Hy lees ook die spel baie goed. En dan be­ïn­druk die Haaie se Ko­bus van Wyk my ook. Jy weet daar gaan iets ge­beur wan­neer hy aan die bal raak. S­ko­san en Van Wyk is al­bei goed on­der die hoë bal,” sê Hen­driks.

Hy stem saam met sy voor­ma­li­ge span­maat Wil­li­ams oor R­hu­le.

“Ek dink R­hu­le is ’n bui­te­perd. Hy het baie goeie werk­ver­rig­ting. Ek sou sê daar­die drie ou­ens sal my vleu­els wees.”

Ray Mordt, wat in 1981 die eer­ste S­pring­bok ge­word het om ’n drie­kuns aan drieë teen die All Blacks te be­haal, is ’n groot aan­han­ger van die be­seer­de Ru­an Com­brinck.

“Com­brinck is nog be­seer, maar hy bly uit­ste­kend. Hy kan vleu­el en heel­ag­ter goed speel, so ek hoop hy is be­tyds reg om vir die toets­reeks teen Frank­ryk ge­kies te word,” sê Mordt.

Com­brinck het aan die ein­de van ver­le­de jaar ’n skou­er­o­pe­ra­sie on­der­gaan en hy be­hoort eers­daags sy te­rug­keer vir die Leeus te maak.

Hy is eg­ter nie die e­nig­ste Leeu­vleu­el wat vir Mordt be­ïn­druk nie.

“Ek dink S­ko­san is ’n uit­ste­ken­de vleu­el. Hy kan af­rond en hy het ho­pe vaart,” sê Mordt.

Die be­seer­de B­lits­bok Se­a­be­lo Se­nat­la is ook ie­mand wat vir Mordt op­ge­won­de maak. Se­nat­la suk­kel met ’n voet­be­se­ring en hy kan nog vir ’n maand bui­te ak­sie wees.

“Dan is Dil­lyn Leyds ook nog daar en die Haaie se L­wa­zi M­vo­vo. As Com­brinck reg is, is hy be­slis my voor­keur,” sê Mordt.

Ro­han Jan­se van Rens­burg laat ’n klom­pie spe­lers van die Reds na lug tas in ’n Su­per­rug­by­krag­me­ting vroe­ër van­jaar op El­lis­park. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.