Bul­le gaan San­zaar vra of Boom mag speel

Beeld - - 24 - Co­bus Claas­sen

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) ver­se­ker hy het hom nie mis­gis met ’n San­zaar-re­ël toe die los­voor­spe­ler Boom Prins­loo na P­re­to­ria laat kom is nie.

Die Bul­le het Maan­dag be­ves­tig die 28-ja­ri­ge Prins­loo sal tot Ok­to­ber 2019 ’n Bul wees.

Lui­dens ’n ver­kla­ring is Prins­loo, wat vroe­ër die sei­soen vir die C­hee­tahs Su­per­rug­by ge­speel het, on­mid­del­lik be­skik­baar vir die Bul­le.

San­zaar het in­tus­sen by na­vraag be­ves­tig geen spe­ler mag in ’n sei­soen vir twee ver­skil­len­de span­ne in dié kom­pe­ti­sie uit­draf nie.

Prins­loo sal dus vir eers net in die Su­perS­port-uit­daag­reeks vir die Lig­blou­es kan speel.

Xan­der Jan­se van Rens­burg, die BBM se ho­ë­pres­ta­sie­be­stuur­der, sê hul­le was te al­le tye be­wus van San­zaar se voor­skrif­te.

“Ons gaan San­zaar nie­te­min skrif­te­lik vra dat Boom vir ons kan speel in die lig van die groot klomp be­se­rings wat ons het.

“Daar is nie ’n kon­trak met Boom ge­sluit net vir Su­per­rug­by nie. Hy kan la­ter van­jaar ’n be­lang­ri­ke rol in die Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie speel en ons wou hom so gou moont­lik in ons stel­sel ge­kry het,” sê Jan­se van Rens­burg.

Dié ko­pie word uit se­ke­re oor­de be­vraag­te­ken.

Met die nr. 6-flan­ke Roe­lof S­mit en Ru­an S­teen­kamp steeds be­seer en S­haun A­den­dorff pas te­rug van ’n be­se­ring, sou Prins­loo groot ver­lig­ting ge­bring het as hy Su­per­rug­by­diens kon doen.

Mar­nus Schoeman is ver­le­de maand uit die Kaap laat kom, maar hy het nie die mas op­ge­kom toe hy teen die Ja­gua­res as ’n plaas­ver­van­ger op­ge­stuur is nie.

Prins­loo sal eers la­ter die sei­soen werk­lik waar­de toe­voeg in die Cur­rie­be­ker-reeks, maar dan sal S­teen­kamp en A­den­dorff ook weer be­skik­baar wees.

Nic de Ja­ger, wat sy lyf tans bal­jag­ter hou, sal ook in­ge­span kan word.

Prins­loo het gis­ter toe­ge­gee hy het ge­weet wat die San­zaar­re­ël be­hels, maar die aan­dui­ding is dat die Bul­le die saak met San­zaar sal op­neem.

Hy sê dit is ’n groot voor­reg om sy loop­baan by die Bul­le voort te sit.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se af­rig­ter, meen Prins­loo is ’n groot aan­wins vir sy span.

“Hy is 28, het baie er­va­ring en ons het baie be­se­rings on­der ons los­voor­spe­lers.

“Ie­mand soos Ar­no (Bo­tha) gaan ons ver­laat en dit is i­de­aal om ’n goeie spe­ler soos Boom se diens­te te be­kom,” sê Ma­rais.

Re­nal­do Both­ma is ’n an­der los­voor­spe­ler wat ná die Su­per­reeks by Lof­tus Vers­feld groet.

Prins­loo, wat ook al vir die B­lits­bok­ke ge­speel het, is ewe tuis op flank en agt­ste­man.

Fo­to: GALLO IMAGES

Boom Prins­loo sal nog moet wag voor hy vir die Bul­le mag speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.