Haaie moet nóú pap skep

Beeld - - 24 - Ti­nus van S­ta­den

Vier ag­ter­een­vol­gen­de Su­per­rug­by-se­ges moet nou die Haaie se vol­gen­de doel­wit te wees.

Na­dat die K­waZu­lu-Na­tal­lers Sa­ter­dag ’n taai stryd teen die Ja­gua­res in Ar­gen­ti­nië met 3325 ge­wen het, lê daar drie stry­de voor wat hul­le moet oor­merk om so­veel moont­lik liga­pun­te in te sa­mel. En hoe­wel die For­ce, Kings en Sun­wol­ves op pa­pier nie span­ne is wat die Haaie be­hoort te klop nie, is hul brei­er, Ro­bert du P­reez, waak­saam.

“El­ke wed­stryd is be­lang­rik en ’n mens kry nie iets soos ’n mak­li­ke wed­stryd in dié toer­nooi nie. Jy kan geen span lig­te­lik op­neem nie,” sê Du P­reez op die Haaie se web­werf.

Die Kings het juis die na­week die Re­bels met 44-3 af­ge­ran­sel na­dat die Haaie die week van­te­vo­re met 9-9 ge­lyk­op teen dié Aus­tra­lie­se span ge­speel het.

“Die Kings het met hul se­ge oor die Re­bels weer be­wys dat ’n mens geen span kan on­der­skat nie. Die vol­gen­de drie wed­stry­de is baie be­lang­rik vir ons.

“Ons wou ver­goed vir ons ver­to­ning teen die Re­bels. Voor­dat ons na Ar­gen­ti­nië ver­trek het, het ons ge­weet ’n baie groot uit­da­ging staar ons in die ge­sig. Gees­drif was Sa­ter­dag die groot dryf­veer vir ons se­ge.”

Of­skoon die Haaie met durf ge­speel het, was hul wed­stryd­plan die groot re­de vir die Ja­gua­res se eer­ste ne­der­laag in drie tuis­wed­stry­de van­jaar. Die Haaie het nie uit hul eie ge­bied ge­hard­loop nie.

Die los­ska­kel, Cur­win Bosch, het met slim tak­tie­se skop­werk die be­soe­kers in goeie aan­val­len­de po­si­sies ge­plaas.

“Ons het teg­nies reg ge­speel en dit was be­lang­rik. Die uit­slag het ’n groot uit­wer­king op waar ons in dié sta­di­um op die pun­te­lys is. Ons is baie bly dat die Ja­gua­res nie ’n bo­nus­punt ge­kry het nie,” sê Du P­reez.

Die Haaie is nou met agt pun­te (28) voor die Ja­gua­res (20) in die twee­de A­fri­ka-kon­fe­ren­sie.

Die Leeus gee steeds die pas aan met 37 liga­pun­te. Daar­om is dit bit­ter be­lang­rik dat die Haaie so­veel pun­te moont­lik uit hul vol­gen­de drie wed­stry­de kry voor­dat ’n reeks moei­li­ke der­bies teen die S­tor­mers, Bul­le en Leeus weer hul voor­land is.

Cur­win Bosch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.