V­riend help Ka­rel met sy be­sluit

Land­man kon dit eers nie ver­staan

Beeld - - Voorblad - Han­nes Kru­ger

‘Moe­nie moei­te doen om op hier­die e-pos te ant­woord nie. Ek ska­kel my re­ke­naar nou fi­naal af.”

So sluit die skry­wer Ka­rel S­choe­man (77) sy laas­te e-pos af wat hy Maan­dag om­streeks 14:30 ge­stuur het.

Dit was ge­rig aan die mens wat hom help be­sluit het om sy le­we te be­ëin­dig.

“Ek is nie spyt daar­oor (sy hulp aan S­choe­man) nie, want dit is ’n be­sluit wat hy klaar ge­neem het lank voor­dat hy my ge­kon­tak het,” sê prof. Wil­lem Land­man, lid van Dig­ni­ty SA se uit­voe­ren­de ko­mi­tee.

“Dit is ook iets waar­oor ’n mens baie moet na­dink en oor moet praat.”

S­choe­man is Maan­dag­aand in die Noor­der­bloem-af­tree­oord in Bloem­fon­tein, waar hy die af­ge­lo­pe tien jaar ge­woon het, dood.

Hy wou op Wer­kers­dag sterf. Land­man het die af­ge­lo­pe

vier maan­de in diep­te met S­choe­man ge­kor­re­spon­deer.

S­choe­man het hom ge­kon­tak vir by­stand en in­lig­ting oor hoe ’n mens jou le­we kan be­ëin­dig.

“Hy het juis be­sluit hy gaan vir my skryf van­weë my ver­bin­te­nis met Dig­ni­ty SA.”

Dig­ni­ty SA be­y­wer hom daar­voor om by­stand­dood (die oor­koe­pe­len­de term wat hy vir ge­na­deen self­dood ge­bruik) in Suid-A­fri­ka ge­wet­tig te kry.

S­choe­man het in sy aan­vank­li­ke e-pos op Ou­jaars­aand aan Land­man ge­skryf: “Help my om deur my be­sluit te werk. Hoe en waar kry ’n mens hulp om jou le­we te be­ëin­dig son­der om an­der leed aan te doen?”

Land­man sê hy het aan­vank­lik nie ver­staan hoe­kom S­choe­man sy le­we wou be­ëin­dig nie.

“Dit het my ’n ruk ge­neem om te ver­staan. Jy moet Ka­rel ver­staan om sy ly­ding te kan ver­staan. Sy le­we was vol­tooi.

“Hy het hom dood ge­werk. Iets het hom in be­sit ge­neem, ge­gryp en dan moet hy daar­oor skryf. Hy het nooit va­kan­sie ge­had nie.”

Oor hoe S­choe­man ge­sterf het, sê hy dit sal in die na­dood­se on­der­soek vas­ge­stel kan word.

Hy het hom­self nie ver­hon­ger nie. “Al wat ek in dié sta­di­um kan sê, is dat hy hom­self nie ver­sterf het nie. Dis ’n pro­ses wat lank neem en hy was in staat om vir my ’n e-pos te stuur kort voor­dat hy ge­sterf het.”

In die laas­te e-pos het S­choe­man ver­tel van sy laas­te reis na Le­so­tho saam met sy huis­wer­ker.

“Hy het my ook be­dank vir al­les wat ek vir hom be­te­ken het en my sterk­te toe­ge­wens met my af­tre­de.

“Ek het hom ge­help met die be­sluit. Ek het vir hom baie ma­te­ri­aal aan­ge­stuur en ons het baie daar­oor ge­praat.

“Ek is bly ek kon hom help om hier­die ra­si­o­ne­le be­sluit te neem.”

■ Land­man sê hy sal la­ter die in­houd van die af­ge­lo­pe vier maan­de see-pos kor­re­spon­den­sie o­pen­baar maak, as­ook an­der be­son­der­he­de.

“Ek moet nog met my fa­mi­lie daar­oor in ge­sprek tree.”

Ka­rel S­choe­man (77) het en­ke­le dae voor sy dood ’n pel­grims­tog na Le­so­tho on­der­neem wat hy as sy “laas­te reis” be­stem­pel het.

Kort ná sy te­rug­keer van die reis in die buur­land, wat hy baie ge­niet het, het hy op Vry­heids­dag sy ver­kla­ring on­der­te­ken dat hy hom­self om die le­we gaan bring.

Die be­kroon­de skry­wer en his­to­ri­kus is die aand van 1 Mei in sy bed in die Noor­der­bloem-af­tree­oord in Bloem­fon­tein dood.

Jackie S­teyn, ’n vrien­din en ver­trou­e­ling, doen ’n be­roep op wel­doe­ners om sy laas­te meu­bels in die boe­del te koop en aan die Na­si­o­na­le A­fri­kaan­se Let­ter­kun­di­ge Mu­seum en Na­vor­sing­sen­trum (Naln) in Bloem­fon­tein te skenk.

Sy meen die groot­ste skry­wer in A­fri­kaans en Bloem­fon­tei­ner ver­dien ’n per­ma­nen­te uit­stal­ling in Naln. Hoe­wel hy die mees­te van sy ou meu­bels en boe­ke voor sy dood weg­ge­gee het, is die mo­der­ner meu­bels wat hy tot sy dood in sy woon­stel ge­had het duur­saam en baie werd.

Hy het net­jie­se pak­ke boe­ke in die woon­stel ge­los wat aan uit­ge­wers en vrien­de moet gaan. Sy tes­ta­ment is ook in die woon­stel ge­los saam met ’n Chris­tu­si­koon en ’n Boed­d­ha­beeld­jie.

’n Fo­to van sy bed met die spier­wit bed­de­goed waar­in hy dood is, wys hy het net ’n ge­raam­de fo­to van Da­vid Gold­blatt se fo­to van die ei­e­naar van ’n hoe­we in Koks­oord, Rand­fon­tein (1962), bo die bed ge­had.

Dié fo­to is ook in sy Die laas­te A­fri­kaan­se boek ge­bruik.

S­teyn ver­tel hoe S­choe­man baie uit­ge­sien het na die reis na Le­so­tho en dit ge­niet het. Fo­to’s van hom en sy reis­maats, Ma­mo­hao Le­ku­la en Je­mi­ma Pu­se­let­so Me­ko, in dié land wys hoe hy glim­lag en die tyd ge­niet, hoe­wel hy gou ver­moeid ge­raak het.

Me­ko het gis­ter ge­sê hy het die be­soe­ke aan die mu­seum by Mo­ria, Mo­ha­les­hoek en Mo­sjesj se graf baie ge­niet. Maar een aand by ete het hy aan hul­le ge­sê hy gaan een­dag nie meer met hul­le wees nie.

“Ons het nie ge­weet dit sal so gou wees nie. Ons mis hom baie. Hy was ’n baie goeie man. Hy het al die men­se ge­help wat ge­suk­kel het.”

In ’n laas­te e-pos aan S­teyn ver­wys hy ook na sy laas­te reis.

“Die be­soek hier­die keer aan Mo­ria, hoe­wel prag­tig, het my vol­ko­me uit­ge­put. En ek is self tot am­per niks meer in staat nie,” skryf hy in e-pos aan haar op 26 A­pril, ’n dag voor­dat hy die ver­kla­ring oor sy self­dood ge­skryf en na sy pro­ku­reur, Carl van Rens­burg, ge­stuur het.

Hy wou ook weet van Jan Wie­se­naar, die S­teyns se fak­to­tum op On­ze Rust en Leeu­w­berg, vir wie se o­pe­ra­sies hy be­taal het om ka­ta­rak­te van sy oë te ver­wy­der.

S­teyn ver­wyt haar­self dat sy hom nie da­de­lik ge­ant­woord het nie.

Ons het nie ge­weet dit sal so gou wees nie. Ons mis hom baie. Hy was ’n baie goeie man. Hy het al die men­se ge­help wat ge­suk­kel het.

— JE­MI­MA PU­SE­LET­SO ME­KO

Die laas­te fo­to van die skry­wer Ka­rel S­choe­man. Dit is ein­de A­pril ge­neem op sy laas­te reis na Le­so­tho.

Prof. Wil­lem Land­man

Dié fo­to van Ka­rel S­choe­man is in 2008 ge­neem deur ’n v­riend wat a­no­niem wil bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.