Ab­sa gaan oud­Bok ver­goed ná be­drog

Beeld - - Voorblad - Mal­her­be Nie­na­ber

R5 001 in 40 on­be­ken­de bank­re­ke­nin­ge oor­be­taal.

Dít is hoe meer as R430 000 uit bank­re­ke­nin­ge van dr. Da­wie de Vil­liers, voor­ma­li­ge S­pring­bok-kap­tein en mi­nis­ter van S­tel­len­bosch, ge­steel is na­dat sy vrou, Su­zaan, se sel­foon­SIM-kaart ver­vang is.

Sa­nel­le Hobbs, De Vil­liers se dog­ter, sê in ’n brief haar ma het op Vry­dag 21 A­pril ’n an­der Vo­da­com-SIM-kaart ge­kry.

Die vol­gen­de og­gend was die SIM-kaart nog nie in ver­bin­ding met die net­werk nie.

Die Son­dag het haar ou­ers ont­dek so­wat R430 000 is son­der hul me­de­we­te uit vier bank­re­ke­nin­ge ont­trek.

Vol­gens Hobbs is meer as 40 be­guns­tig­des vir haar ou­ers se bank­re­ke­nin­ge aan­lyn ge­skep en af­son­der­li­ke be­drae van R5 001 daar­heen oor­ge­plaas.

Lui­dens Hobbs se brief sal Vo­da­com teen mô­re kom­men­taar le­wer. Ab­sa het be­ves­tig dat haar ou­ers ver­goed sal word.

Die­self­de ding het om­streeks die­self­de tyd ook met Wi­cus P­re­to­ri­us, re­dak­teur van die tyd­skrif Tuis, ge­beur.

Meer as R100 000 is uit P­re­to­ri­us se Ab­sa-re­ke­nin­ge ont­trek na­dat sy Vo­da­com-SIM-kaart twee keer in twee we­ke ver­vang is. Dit is nog on­be­kend hoe die ver­van­gings goed­ge­keur en deur­ge­voer is.

P­re­to­ri­us se kre­diet­kaart-, tjek- en spaar­re­ke­ning is leeg ge­steel.

Ab­sa gee die ver­se­ke­ring dat hy pal werk aan die ver­be­te­ring van sy in­ter­net vei­lig­heid.

Die bank het be­ves­tig dat hy die twee kli­ën­te se om­stan­dig­he­de on­der­soek en die kwes­sie met al­bei uit­ge­klaar het. Om ver­trou­lik­heid s re­des kan Ab­sa nie be­kend maak wat die oor­een­koms­te met hul­le be­hels nie.

Ab­sa sê sy werk­ne­mers kry nie toe­gang tot kli­ën­te se bank­be­son­der­he­de op­sy in­lig­ting­stel­sels nie en men­se moe­nie per­soon­li­ke in­lig­ting met an­der deel nie.

De Vil­liers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.