Eag­les dag­vaar Ho­tel Ca­li­for­nia

Beeld - - Voorblad -

Die rock­groep The Eag­les dag­vaar die ei­e­naars van ’n ho­tel in Mex­i­ko om­dat dié die naam Ho­tel Ca­li­for­nia son­der toe­stem­ming ge­bruik en die in­druk wek dat die ho­tel met die rock­groep ver­bind word.

“Ho­tel Ca­li­for­nia” is die ti­tel van een van The Eag­les se be­kend­ste lied­jies.

Die ge­ding is Maan­dag aan­han­gig ge­maak. The Eag­les sê die ei­e­naars van die ho­tel in die dorp To­dos San­tos speel aan­hou­dend lied­jies van dié rock­groep en ver­koop T-hem­de wat na die ho­tel as “le­gen­da­ries” ver­wys. Dit ver­war ho­tel­gas­te glo.

Die ho­tel het blyk­baar ook aan­soek ge­doen om die naam Ho­tel Ca­li­for­nia as han­dels­naam te re­gis­treer.

Die in­druk word ook blyk­baar ge­wek dat die ho­tel as in­spi­ra­sie vir die lied­jie ge­dien het.

Die groep eis in die hof in Los An­ge­les ska­de­ver­goe­ding en dat die ge­bruik van die naam on­mid­del­lik ge­staak word.

Die ho­tel en die pro­ku­reur wat aan­soek om die han­dels­naam ge­doen het, het nie on­mid­del­lik kom­men­taar ge­le­wer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.