Oor Nol­lis . . . Rug­by­skry­wer tree in bres vir Bul­le én brei­er

Maar daar’s hoop vir hul dui­sen­de aan­han­gers

Beeld - - Voorblad - Co­bus Claas­sen Claas­sen is rug­by­skry­wer vir Beeld en Net­werk24.

Geen an­der span in die land het sul­ke pas­sie­vol­le on­der­steu­ners soos die Bul­le nie.

En dit is goed én sleg.

Speel die Bul­le goeie rug­by en wen hul­le be­kers, is Lof­tus Vers­feld nie ’n lek­ker plek vir be­soe­ken­de span­ne nie.

Die rug­by­lief­heb­bers in P­re­to­ria duld ook nie ’n ver­loor­span nie.

Om­ge­krap­te on­der­steu­ners eis die laas­te ruk dat Nol­lis Marais, die span se brei­er, en sy af­rig­ting­span die trek­pas kry met die Bul­le wat nog net drie uit agt wed­stry­de in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks kon wen.

Jy kan dit nie as on­no­di­ge swart­gal­lig­heid af­maak nie.

’n Span met ’n re­per­toi­re soos die Bul­le s’n be­hoort be­ter te vaar as die 37%-wen­per­sen­ta­sie wat hul­le tans hand­haaf.

Die Bul­le kon nog nie dié sei­soen vir die vol­le duur van ’n wed­stryd die pas vol­hou nie.

Is dit die spe­lers se skuld of word hul­le swak af­ge­rig, wil baie men­se weet.

Na­dat daar ver­le­de sei­soen by Lof­tus ’n doel­wit ge­stel is dat die span vol­gen­de jaar die Su­per­rug­by-ti­tel vir ’n vier­de keer moet ver­o­wer, is daar twy­fel of Marais-hul­le op koers is.

Een on­ver­wag­se se­ge kan ’n span se sei­soen om­draai.

Die Bul­le speel juis oor­mô­re teen die Cru­sa­ders, wat nog nie van­jaar ge­troef is nie.

’n Ge­leent­heid in hoof­let­ters vir A­dri­aan S­trauss se span.

Marais se voor­gan­gers, Hey­ne­ke Mey­er en Frans Lu­de­ke, het min of meer die­self­de paad­jie ge­stap.

Die Bul­le het in 2002 nie ’n en­ke­le wed­stryd in die des­tyd­se Su­per12 ge­wen nie, maar het la­ter daar­die jaar die Cur­rie­be­ker Lof­tus toe ge­vat toe hul­le die Leeus oor­tui­gend op El­lis­park af­ge­stof het.

Dit was die be­gin van die Bul­le se goue era on­der Mey­er.

Lu­de­ke se ter­myn – na­dat hy by Mey­er oor­ge­neem het – het self ramp­spoe­dig be­gin in 2008.

Die Bul­le het ná ’n se­ge­lo­se toer by hul te­rug­keer 22-50 teen die Hur­ri­ca­nes ver­loor op Lof­tus.

Dit was ’n bit­ter pil om te sluk na­dat die Bul­le die vo­ri­ge jaar, in 2007, die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se span ge­word het wat die Su­per­reeks kon wen.

Lu­de­ke het net-net die val­byl vry­ge­spring en sy span het ’n bie­tjie meer as ’n jaar la­ter die C­hiefs in die Su­per­rug­by-eind­stryd op Lof­tus met 61-17 ver­rin­ne­weer.

Die Bul­le het die ti­tel in 2010 suk­ses­vol ver­de­dig.

Lu­de­ke het uit­ein­de­lik die slag­of­fer ge­word van die stan­daar­de wat sy span in 2009 en 2010 ge­stel het.

Hier­mee pro­beer ek nie sê dat al­les daar­op dui dat Marais ie­wers in die toe­koms soort­ge­ly­ke wel­slae sal be­haal nie.

Mey­er en Lu­de­ke is wel tyd ge­gun om te bou aan die vi­sie wat hul­le vir die span ge­had het.

Daar sal ter­self­der­tyd nie toe­ge­laat word dat die pakt wat Mey­er in die vroeë 2000’s met die Bul­le se rug­by­ba­se ge­sluit het, in die ge­drang kom nie.

Mey­er het des­tyds, toe Lof­tus weens die Bul­le se ge­suk­kel tot “ramp­ge­bied” ver­klaar is, met die be­sluit­ne­mers van dié u­nie oor­een­ge­kom dat die span nooit weer so sal poer-poer nie.

Marais is ver­staan­baar op die oom­blik vy­and nom­mer een.

Daar is soms ’n wan­op­vat­ting oor hom.

Hy word deur som­mi­ge as ar­ro­gant be­stem­pel op grond van ’n op­skrif wat on­langs in Beeld ver­skyn het.

“Die Cru­sa­ders kan maar kom, sê Nol­lis,” het op lamp­pa­le ver­skyn.

Dit ter­wyl hy bloot ge­sê het oor­mô­re se ont­moe­ting is ’n weg­wed­stryd vir die Ki­wi’s en dat “Lof­tus ’n an­der plek is”.

Le­sers en on­der­steu­ners moet ook be­sef dat Marais, soos al­le an­der brei­ers, by­na daag­liks deur rug­by­skry­wers ge­vra word om kom­men­taar te le­wer.

So die me­dia is baie keer ver­ant­woor­de­lik vir die wan­op­vat­tings.

Marais het ’n skerp hu­mor­sin, maar ar­ro­gant is hy nie.

Die tyd sal leer of hy die reg­te man is om die Bul­le die toe­koms in te vat.

On­der­steu­ners kan wel weet daar is nie ’n mens wat pas­sie­vol­ler is oor die lig­blou trui as Marais nie.

Die ar­gu­ment dat Marais uit sy diep­te is om­dat hy nie soos die mees­te an­der fran­chi­ses se af­rig­ters toets­rug­by ge­speel het nie, is ir­re­le­vant.

Kitch Chris­tie en Ja­ke W­hi­te het nie vir die S­pring­bok­ke ge­speel nie, maar het op die hoog­ste vlak suk­ses be­haal as af­rig­ters.

In­tus­sen word daar ’n be­roep op on­der­steu­ners ge­doen om on­voor­waar­de­lik op te ruk Lof­tus toe.

Dit is mos mooi­weers­vrien­de wat net wil gaan rug­by kyk wan­neer die span wen.

Die Bul­le is die vol­gen­de vier we­ke – met wed­stry­de teen die Cru­sa­ders, High­lan­ders, Leeus (op El­lis­park) en Hur­ri­ca­nes op die ho­ri­son – by ’n kruis­pad.

Mak­lik gaan dit nie wees nie, maar ons het se­dert 2002 meer as een keer ge­sien op Lof­tus is daar al­tyd hoop.

In­tus­sen word daar ’n be­roep op on­der­steu­ners ge­doen om on­voor­waar­de­lik op te ruk Lof­tus toe. Dit is mos mooi­weers­vrien­de wat net wil gaan rug­by kyk wan­neer die span wen.

Fo­to: LEE WARREN, GALLO

Nol­lis Marais, die Bul­le se af­rig­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.