Zu­ma moet re­des gee

Be­toë word van­dag in hoë hof aan­ge­hoor

Beeld - - News - L­le­wel­lyn P­rin­ce

P­res. Ja­cob Zu­ma moet van­dag in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria re­des ver­skaf waar­om hy sy ka­bi­net op 31 Maart ge­skom­mel het.

Be­toë word aan­ge­hoor in die drin­gen­de aan­soek wat die DA by die hof in­ge­dien het om Zu­ma te dwing om sy re­des en re­kord van be­sluit­ne­ming aan die hof te ver­skaf.

Die DA wil ook hê die hof moet die af­dan­king van Pra­vin Gord­han as mi­nis­ter van fi­nan­sies en van M­ce­bi­si Jo­nas as sy ad­junk ter­sy­de stel op grond daar­van dat dit ir­ra­si­o­neel, on­grond­wet­lik, on­wet­tig en on­gel­dig is.

Ja­mes Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le uit­voe­ren­de raad, sê el­ke uit­oe­fe­ning van o­pen­ba­re mag moet on­der­werp word aan die be­gin­sels van wet­tig­heid en ra­si­o­na­li­teit, ver­al die uit­oe­fe­ning van al die pre­si­dent se mag­te. Dit sluit die aan­stel­ling en af­dan­king van mi­nis­ters en ad­junk­mi­nis­ters in.

“Die pre­si­dent moes die erns­ti­ge ge­vol­ge van hier­die kabinetskommeling re­de­lik voor­sien het, in ag ge­no­me wat in (De­sem­ber) 2015 ge­beur het toe hy Nhlanhla Ne­ne as mi­nis­ter van fi­nan­sies af­ge­dank het.”

Zu­ma moet vol­gens Sel­fe in­ge­vol­ge die re­le­van­te hof­re­ëls sy re­kord van be­sluit­ne­ming oor die kabinetskommeling aan die hof ver­skaf.

“Ná ver­skeie ver­tra­gings­tak­tie­ke het Zu­ma be­weer die DA, en in­der­daad Suid-A­fri­ka, is nie ge­reg­tig op die re­kord en re­des vir sy kabinetskommeling nie.”

Sel­fe sê Zu­ma se wei­e­ring om ’n ver­dui­de­li­king te gee het die DA ge­noop om ’n drin­gen­de hof­aan­soek in te dien dat hy ver­plig word om al sy re­kords en re­des vir sy be­sluit om die ka­bi­net te skom­mel aan die hof oor­han­dig.

■ An­di­le Mngx­i­ta­ma, lei­er van die or­ga­ni­sa­sie Black First Land First (BLF), het gis­ter in ’n o­pen­ba­re ver­hoor oor die trans­for­ma­sie van die fi­nan­si­ë­le sek­tor ge­sê “dan­kie, God” en “dan­kie, p­res. Ja­cob Zu­ma” dat Gord­han af­ge­dank is, want hy was die strui­kel­blok vir e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie.

Mngx­i­ta­ma het in ’n voor­leg­ging aan die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee en staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies ge­sê hy hoop Ma­lu­si Gi­ga­ba, wat in Gord­han se plek as mi­nis­ter van fi­nan­sies aan­ge­stel is, sal Gord­han se be­leid nie voort­sit nie.

“Ons het ’n dui­de­li­ke breuk no­dig van die ma­kro-e­ko­no­mie­se raam­werk ten guns­te van wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal wat se­dert 1994 geld.”

Hy sê die BLF stem saam met prof. Chris Ma­li­ka­ne, Gi­ga­ba se raad­ge­wer, dat die hou­vas wat wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal op die e­ko­no­mie het, die be­lang­rik­ste strui­kel­blok vir e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie is.

“Wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal is nie ’n fik­tie­we skep­ping van beeld­poet­sers nie. Dit be­staan. Die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie word be­sit en be­heer deur ’n paar wit fa­mi­lies, waar­van die Op­pen­hei­mers en die Ru­perts bo­aan die lys is.

“Wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal be­heer ook die wet­ge­wen­de pro­ses.

“Ter­wyl ons hier praat, is daar be­spie­ge­ling in die me­dia dat ’n aan­tal LP’s deur wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal ge­kaap is om teen p­res. Zu­ma (in die mo­sie van wan­troue) te stem.”

Hy sê selfs die reg­bank is deur wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal ge­kaap.

■ Die UDM se aan­soek om Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, te dwing om LP’s toe te laat om ge­hei­me stem­me in die mo­sie van wan­troue in Zu­ma uit te bring, word op 15 Mei aan­ge­hoor, het die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof gis­ter ge­sê, be­rig News24.

Gi­ga­ba het gis­ter ge­sê daar is nie ’n kat se kans dat die op­po­si­sie Zu­ma gaan ver­wy­der nie, be­rig

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.