Sy haat wit men­se nie, sê Tu­tu se klein­dog­ter

Beeld - - News -

E­me­ri­tus-aarts­bis­kop dr. Des­mond Tu­tu se klein­dog­ter Ny­a­ni­so Bur­ris sê sy haat nie wit men­se nie.

Dít wat sy Dins­dag­mid­dag op haar Facebook-blad ge­skryf het, is ’n aan­ha­ling uit die te­le­vi­sie­reeks De­ar W­hi­te Pe­op­le: “De­ar w­hi­te pe­op­le, you ma­de me ha­te my­self as a kid so now I ha­te you and that’s my se­cret shame.”

“Ek is ge­leer dat swart nie prag­tig is nie, om skaam te wees oor die kleur van my vel en die krul­le in my ha­re,” het sy aan News24 ge­sê.

“Ek is ge­leer om ge­grief te voel oor my plat neus en die feit dat ek al­tyd don­ker­der was as my vrien­de.

“Die swart pop was nooit die “mooi” pop nie, sê sy.

“Ek is ge­leer dat al­les van my we­se ver­keerd is, dat as ek nie En­gels op ’n se­ke­re ma­nier ge­praat het of as my ha­re nie lank en vloei­end is nie, dit iets is waar­oor ek skaam moes wees.

“Die feit dat ek skie­lik heu­pe ge­had het toe al my vrien­de soos stryk­plan­ke ge­vorm was, het be­te­ken dat iets fout is met my. Al­les aan my wat nie ‘wit’ was nie, was ver­keerd.

“So nee, ek haat wit men­se nie, maar ek haat hoe hul­le, men­se bui­te my eie we­se, die pad na my self­lief­de ge­vorm het.”

In Au­gus­tus 2011 het haar ou­pa ge­sê dit is on­moont­lik om die ska­de wat deur a­part­heid aan­ge­rig is te ont­kom.

Fo­to: DES­MOND TU­TU­VREDESTIGTING

Ny­a­ni­so Bur­ris

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.