Dis ’n eer om LP te wees, sê Ha­ne­kom

Beeld - - News -

De­rek Ha­ne­kom, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van toe­ris­me, het nie plan­ne om soos die vyf an­der ANC­LP’s wat in die on­lang­se kabinetskommeling hul pos­te as mi­nis­ters en ad­junk­mi­nis­ters ver­loor het, te be­dank nie.

Hy is in die par­le­ment om te werk en be­skou dit as ’n eer om ’n LP te wees, het hy gis­ter ge­sê toe hy die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te se sit­ting as ’n ge­wo­ne ANC­LP by­ge­woon het.

Hy ver­wag Jack­son Mt­hem­bu, ANC­hoof­sweep, sal hom van­dees­week aan ’n ko­mi­tee toe­wys.

Hy gee nie om waar hy ge­plaas word nie. “Ek wil gaan waar ek die bes­te by­drae kan le­wer.”

Dit is “heel­te­mal in die haak” met hom om te­rug in die par­le­ment te wees vir ko­mi­tee­werk.

“Ek is hier om te werk. Ek word be­taal om te werk. Iets wat baie van ons ver­geet, is dat, of jy ’n mi­nis­ter, ad­junk­mi­nis­ter of ’n ge­wo­ne LP is, ons baie be­voor­reg is om bloot net ge­wo­ne le­de van die par­le­ment te wees.

“Ons be­skou dit ge­reeld as van­self­spre­kend. Ek weet die werk kan soms een­to­nig wees, want selfs as ’n mi­nis­ter sit jy deur ko­mi­tee­werk, maar feit bly dat dit ’n baie be­lang­ri­ke in­stel­ling is.

“El­ke LP be­hoort dit as ’n eer te be­skou om die men­se van Suid­A­fri­ka in die par­le­ment te dien,” sê Ha­ne­kom.

Fo­to: ELISE TEMPELHOFF

De­rek Ha­ne­kom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.