Ke­se ‘kaap’ kar­re en kos

Vi­deo ge­plaas om men­se te waar­sku

Beeld - - News - Han­ti Ot­to

Voer­tuig­ka­ping. Dief­stal. Die teis­te­ring van toe­ris­te.

Die boos­wig­te is deur ’n vi­de­o­ka­me­ra af­ge­neem, hul poot­af­druk­ke is oor die he­le kar en daar was ver­skeie oog­ge­tui­es.

Hul­le is eg­ter so slinks dat hul­le steeds vry rond­loop in die ber­ge en da­le van die Kaap­se S­kier­ei­land.

Dit blyk die mo­dus o­pe­ran­di is om ver­al oor­se­se toe­ris­te as prooi uit te snuf­fel.

In een so ’n ge­val het hul­le nie net toe­ris­te se kar ge­kaap nie, maar ook hul kos.

Hoe­wel die Kaap­se ke­se se mis­da­de meer as twee jaar ge­le­de plaas­ge­vind het, het ’n vi­deo daar­van die lang­na­week weer op­slae ge­maak toe A­fri­ca Ge­o­graphic dit op Facebook ge­deel het.

“’n Ko­lo­nel Brandon het dit in No­vem­ber 2014 op­ge­neem. Ons het die vi­deo eers on­langs ont­dek en be­sluit om dit te plaas om­dat dit so snaaks is, maar ook as waar­sku­wing vir men­se, ver­al bui­te­lan­ders, dat wil­de die­re on­voor­spel­baar is.

“Lang­na­we­ke is daar ge­woon­lik baie meer toe­ris­te in die s­kier­ei­land, daar­om was dit ge­pas om die vi­deo te laat her­leef,” sê Ayo Gos­po­ti­no­pa van A­fri­ca Ge­o­graphic.

Die be­skry­wing by die vi­deo, ge­naamd #S­moot­hC­ri­mi­nal, lees: “Ba­boon found guil­ty of hi­jacking a car, bul­lying a tou­rist and ste­a­ling his food!

“Tra­vel­ling to the Ca­pe Pen­in­su­la for the long wee­kend? Be a­wa­re of the C­ha­cma ba­boons! T­he­se ha­bi­tu­a­ted ba­boons are fa­mous for their short tem­per and fond­ness of snacks.”

Die vi­deo be­gin met ’n pro­fiel­skoot van die voor­bok wat sy nuut­ste slag­of­fer soek ter­wyl die wind sy ha­re laat dar­tel.

Dan skuif die beeld: Die bob­be­jaan pyl op die uit­no­di­gen­de oop ba­ga­sie­ruim van ’n blou mo­tor af.

’n Man, vol­gens die ak­sent ’n bui­te­lan­der, spring na­der om die ba­ga­sie­bak toe te klap.

Dit lyk of die bob­be­jaan hom vir dié on­ge­skikt­heid ver­vies en hy spring op die mo­tor.

Na­dat hy die man ’n paar se­kon­des be­gluur het, klim die ha­ri­ge be­tre­der rats af.

Dui­de­lik ’n ou ka­lant met sul­ke bobbejaanstreke maak hy die ag­ter­deur blit­sig oop, glip in en klap die deur voor die ver­baas­de men­se toe.

Dit is nou sy kar, wys die be­sit­li­ke hou­ding – en dan volg ’n kin­der­li­ke op­ge­won­den­heid van “ooee, kyk net al die lek­ker eet­goed!”

Die man hard­loop na die ag­ter­deur, maak dit oop en klap dit net so vin­nig weer toe wan­neer die bob­be­jaan vir hom blaf.

Wan­neer hy die deur weer oop­maak, is die dier reeds be­sig om sy bek te pro­beer vol­prop met ’n ap­pel, ’n tros pie­sangs en die in­houd van die nar­tjie­boks.

Ter­wyl kees heer­lik piek­niek hou, krap die toe­ris kop oor hoe hy sy mo­tor gaan te­rug­kry.

Dan pro­beer ’n me­de­plig­ti­ge in die mo­tor klim, wat die men­se weer gig­ge­lend laat rond­spring.

’n Be­amp­te van die re­ser­vaat kom tot hul red­ding. Hy keer die men­se weg van die mo­tor en waar­sku: “If he sees food, he can bi­te you. Let us go a­way.”

Die bob­be­jaan-ka­per be­sef hier is nou ie­mand wat nie vir sy aap­stre­ke gaan val nie. Hy laat spaan­der, maar nie son­der po­te en kies­te vol buit nie.

Die ver­meen­de voor­bok van die Kaap­se ke­se wat kar­re kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.