9 daag hul vre­se uit met Groot­FM

Beeld - - News - Seug­net van Zyl

Of jy jou­self as vrees­loos be­stem­pel om­dat jy drie dae lank styf tus­sen agt vreem­de­lin­ge in ’n mo­tor kan sit en of jy jou dap­per­heid toon deur ver­skeie vreem­de goed te eet of daar­aan te vat, sal dié P­re­to­ri­a­ners moet be­wys.

Be­hal­we dat die deel­ne­mers aan Groot­FM se #Groot­vrees­uit­da­ging van gis­ter­og­gend af drie dae lank in ’n Hon­da CRVsport­nuts­voer­tuig in die BB Zam­be­zi Hon­da in Mon­ta­na moet sit, sal hul­le ook ge­reeld be­proef word deur on­der meer rou le­wer in melk te moet eet en ge­blind­doek muis­val­le­tjies

van een hou­er na ’n an­der moet skuif.

Daar was eers 15 fi­na­lis­te,

toe 11 en uit­ein­de­lik ne­ge.

Die ne­ge is on­der an­de­re Cor­ne­li­us (Pot­tie) Pot­gie­ter,

Ni­ëll van der Mer­we, Ma­ri­ta van den Berg (48) en haar man, Ko­bus (50), Joey Lig­ht­foot (65),

An­ne­lie­se Dorf­ling (46), Wic­kus S­chön­born en Dan­ny Gro­bler (55).

Be­sluit jy om uit die mo­tor te klim, word jy ge­dis­kwa­li­fi­seer.

Al wat die deel­ne­mers kon saam­bring, is ’n tan­de­bor­sel en tan­de­pas­ta.

Hul­le sal by tye mag toi­let toe gaan en hul be­ne ty­dens e­tes rek. Die res van die tyd sit hul­le skou­er aan skou­er in die mo­tor.

On­der die deel­ne­mers is ’n paar­tjie van Pro­kla­ma­sie­heu­wel, ’n ver­pleeg­ster van Doorn­poort, ’n Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie­lid en ’n po­li­sie­ser­sant.

Gro­bler sê sy groot­ste vrees is dat hy nie gaan wen nie. “Ek het die geld no­dig.”

Lig­ht­foot het met kruk­ke en al in­ge­klim en tus­sen Dorf­ling ag­ter die stuur en S­chön­born op die pas­sa­sier­sit­plek gaan sit.

Ma­ri­ta en Ko­bus het ver­kies om nie langs me­kaar op die ag­ter­sit­plek te sit nie.

Van der Mer­we sê hy neem deel om­dat dit ’n uit­da­ging is. Pot­gie­ter sê hy het maar ’n kans ge­vat.

■ Om die deel­ne­mers dop te hou waar hul­le die een ná die an­der “vrees” pak, be­soek Groot­FM se Facebook-blad.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Deel­ne­mers aan Groot­FM se #Groot­vrees­uit­da­ging sit styf teen me­kaar in ’n sport­nuts­voer­tuig in die BB Zam­be­zi Hon­da in Mon­ta­na, P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.