Piet Bo­tha ‘mag nie met am­bu­lans ver­voer word nie’

Beeld - - News - – Sa­rel van der Walt

Die rug­be­se­ring wat die mu­si­kant Piet Bo­tha (61) op­ge­doen het, is so erns­tig dat hy nie na Kaap­stad ver­voer kan word nie.

Dr. Pie­ter-La­fras Lou­rens, ’n or­to­pe­die­se chi­rurg van Mar­ga­te wat na hom om­sien, sê ’n or­to­pe­die­se spi­na­le-chi­rurg het Bo­tha on­der­soek. Dié meen die san­ger kan vol­gen­de week ge­o­pe­reer word.

Lou­rens meen dit sal nie raad­saam wees om Bo­tha per am­bu­lans op die lang pad via die Oos-Kaap Kaap­stad toe te neem nie.

Twee van die san­ger se rug­wer­wels is ge­breek toe hy ver­le­de week van die ver­hoog af­ge­val het ter­wyl sy blu­es­rock­groep, Jack Ham­mer, op die Suid­kus­mo­tor­fiets­fees op­ge­tree het.

“Piet is in dié sta­di­um nie ge­skik vir nar­ko­se nie en kan daar­om nie nou ge­o­pe­reer word nie. ’n Mul­ti­dis­si­pli­nê­re be­na­de­ring word nou ge­volg om hom ge­reed te kry vir die o­pe­ra­sie,” sê Lou­rens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.