‘Se­ke­re aan­ty­gings maak nie sin’

Beeld - - News - Si­mon Son­ne­kus

Se­ke­re aan­ty­gings teen die twee mans wat van moord op ’n 16-ja­ri­ge seun van Co­li­gny be­skul­dig word, maak nie sin nie.

Wat ’n “oog­ge­tuie” in ’n eNCA-nuus­bul­le­tin oor die voor­val ge­sê het, stem nie oor­een met wat hy glo aan b­rig. C­lif­ford K­go­ra­ne, lid van die on­der­soek­span, ge­sê het nie.

Net die ge­tui­e­nis van sy kli­ën­te is ge­loof­waar­dig, het adv. Hen­nie du P­les­sis gis­ter in die hof in Co­li­gny in Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34) se borg­to­gaan­soek ge­sê.

Doore­waard en S­chut­te word aan­ge­kla van die moord op Mat­l­ho­mo­la Mos­weu.

Du P­les­sis het K­go­ra­ne gis­ter uit­ge­vra oor sy ge­tui­e­nis dat ’n oog­ge­tuie ge­sien het hoe Doore­waard en S­chut­te op pad na die Co­li­gny-po­li­sie­kan­toor Mat­l­ho­mo­la ver­moe­de­lik van hul bak­kie gooi.

Mat­l­ho­mo­la het glo son­ne­blom­me op die plaas ge­steel waar hul­le soms werk.

Du P­les­sis het aan K­goro ge­sê se­ke­re fei­te is nie be­ves­tig nie, se­ke­re be­skul­di­gings is on­ver­klaar­baar, daar is twee weer­ga­wes van die ge­beu­re, geen fo­ren­sie­se ge­tui­e­nis nie en die ver­slag oor die lyk­skou­ing is ook nog nie be­skik­baar nie.

Du P­les­sis het vroe­ër die dag Doore­waard en S­chut­te se ver­kla­ring aan die hof voor­ge­lees wat lui die twee was op pad po­li­sie­kan­toor toe met die seun ag­ter­op die bak­kie. In ’n draai het hul­le sta­di­ger ge­ry. Die seun het toe van die bak­kie af­ge­spring en ver­moe­de­lik sy nek ge­breek.

Ao. Je­re­mi­ah Mo­di­sa­ne, wat die be­skul­dig­des se ver­kla­rings in die Co­li­gny-po­li­sie­kan­toor af­ge­neem het en op die to­neel was waar Mat­l­ho­mo­la dood is, het ook ge­tuig.

Die seun het op sy maag ge­lê. Bloed het by sy ore en neus uit­ge­kom en sy ge­sig het ge­bloei.

“Hy was toe nog le­wend en het in ’n plas bloed ge­lê, maar op pad kli­niek toe het hy aan sy be­se­rings be­swyk,” het Mo­di­sa­ne ge­tuig.

Hy het be­ves­tig dat die be­skul­dig­des al twee keer die dief­stal van son­ne­blom­me en mie­lies by die po­li­sie aan­ge­meld het.

Land­dros Ma­ga­o­la Fo­so het die borg­to­gaan­soek tot mô­re uit­ge­stel.

Voor­dat die hof ver­daag het, het Fo­so by al die hof­gan­gers ge­pleit om net fei­te oor die saak te ver­sprei.

“Men­se mag toi-toi, so­lank hul­le vir die waar­heid toi-toi,” het hy ge­sê.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Po­li­sie­le­de be­waak die hof­saal in Co­li­gny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.