K­ris­ti­an Prins­loo se le­we ge­vier

‘Ek dank Je­sus dat ek jou ma kon wees’

Beeld - - News - Seug­net van Zyl

Dit was ’n vie­ring van sy e­nig­ste kind se le­we eer­der as ’n af­skeid, het Her­man Prins­loo gis­ter op ’n ge­denk­diens vir sy seun, K­ris­ti­an, in die Le­wen­de Woord-kerk in Cen­tu­ri­on ge­sê.

“Die diens sal ’n ce­le­bra­ti­on van sy le­we wees. As jy daai smi­le sien, kan jy nie hart­seer wees nie,” het Prins­loo ge­sê en na ’n skool­fo­to van K­ris­ti­an voor in die kerk ge­wys.

K­ris­ti­an is ver­le­de week, ’n dag ná sy 12de ver­jaar­dag, in die hos­pi­taal dood.

Drie we­ke vroe­ër het ’n leeu­man­ne­tjie hom in sy ou­ma, Ma­rie S­try­dom (70), se huis aan­ge­val.

S­try­dom woon op die land­goed van haar vrien­de, Cor en A­let Vos, bui­te Lep­ha­la­le (El­lis­ras).

Die leeu was een van drie wat die Vos­se op die land­goed hou.

Die Vos-eg­paar en skool­maats van die La­er­skool Lou­is Lei­poldt het ook die diens by­ge­woon.

Die be­graf­nis­brief lui: “Hier­die be­son­der­se seun was ons kind, klein­kind en maat­jie.

“K­ris­ti­an se roe­ping op aar­de was groot en die vol­le om­vang daar­van sal ons nooit kan be­re­ken

nie. Hier­die merk­waar­di­ge jong man het dui­sen­de men­se se hart­sna­re ge­roer om weer op­reg na God te soek. Van sy skool tot op Facebook het men­se van oor die wê­reld die troon­ka­mer van God bin­ne­ge­gaan om vir hom en sy fa­mi­lie te bid.”

Op ’n Facebook-blad vir K­ris­ti­an word bood­skap­pe nog daag­liks ge­plaas.

Sy pa, ma, A­dri, en ou­ma het elk­een in ’n brie­fie van hom af­skeid ge­neem.

“My lief­ste K­ris­ti­an, jy was Mam­ma se son­skyn el­ke dag met jou vro­lik­heid. Jy het my so­veel ge­leer. Ek dank Je­sus vir die tyd wat ek jou mam­ma kon wees en ons jou met ons kon hê,” het A­dri ge­skryf.

“Jou om­gee en lief­de vir an­der was al­tyd so kos­baar, op­reg en son­der voor­waar­de. Ek koes­ter vir e­wig el­ke her­in­ne­ring wat ons vir 12 jaar kon deel.”

Her­man het ge­skryf: “My lief­ste seun, K­ris­ti­an. Weet dat ek jou e­wig sal lief, dat ek jou nooit sal ver­geet nie. Ek sal jou sien in my dae soos ek deur die le­we stap en jou teen­woor­dig­heid is ’n troos.

“Ek dank die He­re vir so ’n won­der­li­ke seun, meer as waar­voor ’n pa ooit kon vra. Jy was waar­lik ’n se­ë­ning uit God se hand vir ons.”

Die Prins­loo-eg­paar was

14 jaar ge­troud voor­dat hul “won­der­werk” ge­kom het.

Sy ou­ma het ge­skryf K­ris­ti­an was haar al­les.

“My an­ker. Jy was vir ons slegs ’n wy­le ge­leen, want jy het aan Je­sus be­hoort. Jy het Psalm 23 ge­ken, ge­leef en ons het dit al­tyd ge­bid. Jy was ’n bon­del­tjie e­ner­gie en i­dees en die le­we was in­te­res­sant saam met jou. Ek gaan ons pro­jek­te mis.”

Op die be­graf­nis­brief was ’n fo­to van die koek vir sy 12de ver­jaar­dag en nog fo­to’s van hom saam met sy ou­ers en groot­ou­ers.

Ná die diens is blou bal­lon­ne los­ge­laat waar­aan brie­fies vir K­ris­ti­an met lin­te vas­ge­maak is.

Fo­to: SEUG­NET VAN ZYL

’n Skool­fo­to van K­ris­ti­an Prins­loo (12) voor in die Le­wen­de Woord­kerk in Cen­tu­ri­on waar daar gis­ter van hom af­skeid ge­neem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.