Tuin­wer­ker swaar ge­straf weens moord op werk­ge­wers

Beeld - - News - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die tuin­wer­ker wat sy werk­ge­wers in 2010 in Mu­si­na “bar­baars en on­mens­lik” ver­moor het, is swaar ge­straf in die hoog­ge­regs­hof in T­ho­hoy­an­dou.

Reg­ter K­ha­mi Mak­ha­fo­la het Gib­son Ban­da (46) eer­gis­ter weens elk van die moor­de tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis plus ’n by­ko­men­de 21 jaar weens roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie.

Ban­da het as tuin­wer­ker vir Johan (54) en An­ne­li­se G­rey­ven­stein (53) ge­werk. Hy het hul­le op 2 No­vem­ber 2010 oor­val en ver­moor toe hul­le ná ’n be­soek aan die dorp tuis­ge­kom het. Die G­rey­ven­steins het by hul dog­ter, Sa­man­tha Jan­sen, ge­kui­er. Hul in­ko­pies was nog ag­ter­op die bak­kie waar­in hul ly­ke ge­vind is.

Jan­sen sê sy is ver­lig dat Ban­da swaar ge­straf is. Die fa­mi­lie is erg ge­trau­ma­ti­seer deur die moor­de en die hof­saak, wat by­na se­we jaar ge­duur het.

Jan­sen het des­tyds ge­sê haar ma se laas­te woor­de aan haar was: “Ek is lief vir jou, my kind.”

’n Buur­man van die G­rey­ven­steins het on­raad ver­moed toe hy hul­le nie in die han­de kon kry nie en het die po­li­sie ont­bied. Hul Toyo­ta Hi­lux-bak­kie het ver­la­te on­der ’n trein­brug op hul hoe­we op die Camp­bel­l­pad, so­wat 10 km bui­te Mu­si­na, ge­staan. Dit was so­wat ’n ki­lo­me­ter van hul huis af.

Johan is ag­ter die lin­ker­oor ge­skiet en het skuins bo-op sy vrou in die ka­juit van die bak­kie ge­lê. ’n Seil is oor sy lyk ge­gooi.

Die po­li­sie het Johan se .38re­wol­wer, waar­mee die eg­paar ge­skiet is, am­mu­ni­sie, twee sil­wer hor­lo­sies, ’n vi­deo- en DVD-s­pe­ler en ’n sweis­ma­sjien by Ban­da ge­kry. Die hof het ge­hoor dat Ban­da ook twee Ra­leigh-fiet­se en die G­rey­ven­steins se twee sel­fo­ne ge­steel het.

Ban­da het skuld ont­ken. Mas­hu­du Ma­la­bi-D­z­han­gi, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), sê die von­nis­se sal ge­lyk­lo­pend uit­ge­dien word.

Adv. Ivy T­hen­ga, NVG-di­rek­teur in Lim­po­po, ver­wel­kom die von­nis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.