Moord­ver­hoor in Pa­rys wéér uit­ge­stel

Beeld - - News - – A­let van der Walt

Die hof­ver­rig­tin­ge in die moord­ver­hoor van ses mans van Pa­rys het gis­ter weer nie aan die gang ge­kom nie.

Die ses word daar­van aan­ge­kla dat hul­le op 6 Ja­nu­a­rie 2016 die dood van twee plaas­wer­kers, Si­mon Ju­be­ba en Sa­mu­el T­jixa, ver­oor­saak het.

Reg­ter Cor­né van Zyl het gis­ter­og­gend ge­sê een re­de vir die op­ont­houd met die saak eer­gis­ter was dat be­wys­stuk­ke nog nie in al die lê­ers was nie.

Adv. Ni­co D­rey­er, vir die ver­de­di­ging, moes ook eer­gis­ter­og­gend ’n me­die­se pro­se­du­re on­der­gaan en daar­om het Van Zyl be­sluit dit sal be­ter wees as die hof eers ná mid­dag­e­te sit.

Gis­ter is die hof­ver­rig­tin­ge tot van­og­gend uit­ge­stel so­dat die staat en die be­skul­dig­des se reg­span­ne se­ker kan maak dat hul­le die no­di­ge do­ku­men­te het.

Die staat voer aan Boe­ta van der West­hui­zen (46), sy seun, Loe­die (18), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), An­ton Log­gen­berg (50) en sy seun, Cor (19), en Henk Prins­loo, ’n po­li­sie­kap­tein, het T­jixa en Ju­be­ba so erg aan­ge­rand dat hul­le dood is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.