‘R2 mjd. se kor­rup­sie al oop­ge­vlek’

Beeld - - News - Sa­rel van der Walt

Die Jo­han­nes­burg-me­tro se nu­we teen­kor­rup­sie-een­heid het al so­wat R2 mil­jard se kor­rup­sie en be­drog in ver­skil­len­de de­par­te­men­te en en­ti­tei­te van die me­tro bloot­ge­lê.

Só het Her­man Mas­ha­ba, DA-bur­ge­mees­ter van die me­tro­raad, gis­ter in sy stadsrede ge­sê.

Dit is ge­hou in die splin­ter­nu­we raad­saal in Braam­fon­tein wat R360 mil­joen ge­kos het.

Mas­ha­ba sê die nu­we teen­kor­rup­sie-een­heid, wat on­der die be­vel van S­ha­drack Si­biya staan, het al al­te­saam 30 stads­amp­te­na­re in heg­te­nis ge­neem. Nog 91 stads­amp­te­na­re is ge­skors en drie se­ni­or amp­te­na­re het weens die een­heid se on­der­soe­ke be­dank.

So­wat 300 sa­ke van be­drog en kor­rup­sie van so­wat R10 mil­jard word nou on­der­soek.

“Dit is skok­kend. Dié vlak van kor­rup­sie kon nie in ’n va­kuum plaas­ge­vind het nie. Die lei­ers in die vo­ri­ge be­de­ling het hul­le on­ge­twy­feld blind ge­hou hier­voor,” sê Mas­ha­ba.

“Hier­die geld moes ge­bruik ge­wees het vir diens­le­we­ring aan al­le ge­meen­skap­pe in die stad, ver­al die ar­mes.

“In dié sta­di­um tel el­ke sent. Dit is waar­om ons krag­da­dig al­le be­we­rings van kor­rup­sie on­der­soek. Die tyd van ’n tik­kie op die vin­gers of ’n ver­pla­sing na ’n an­der de­par­te­ment is ver­by.”

Die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat stel on­der­soek in na die erns­ti­ge be­we­rings oor die mis­bruik van mag en regs­ver­y­de­ling, sê Mas­ha­ba.

Hy sê ook die me­tro het in Maart vir die eer­ste keer in die ge­skie­de­nis meer as R3 mil­jard in­ge­vor­der.

Mas­ha­ba sê die me­tro hoop die be­drag sal teen ein­de Ju­lie tot R4 mil­jard toe­neem.

Fo­to: SA­REL VAN DER WALT

Her­man Mas­ha­ba, DA­bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, le­wer sy stadsrede in die nu­we raad­saal van die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad. Die raad­saal het so­wat R360 mil­joen ge­kos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.