‘Ko­a­li­sie in Goud­stad al hoe ster­ker’

Beeld - - News - Sa­rel van der Walt

Die in­wo­ners van Jo­han­nes­burg het in ver­le­de jaar se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing se­ker ge­maak ’n ko­a­li­sie­re­ge­ring kom tot stand, want hul­le wil nie meer hê dat net een par­ty re­geer nie.

Om met an­der par­tye te be­raad­slaag en saam te werk, maak die stad se re­ge­ring baie sterk, het Her­man Mas­ha­ba, DA-bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, gis­ter in sy stadsrede ge­sê.

Hy het die DA se ko­a­li­sie­ven­no­te en die EFF be­dank vir die rol wat hul­le speel om “Jo­han­nes­burg en Suid-A­fri­ka te red”.

“El­ke po­li­tie­ke par­ty wat deel is van dié re­ë­ling er­ken dat die in­wo­ners van ons stad van ons ver­wag om ons ver­skil­le op­sy te sit in die be­lang van be­ter diens­le­we­ring,” sê Mas­ha­ba.

Dit was op­merk­lik hoe vrien­de­lik die EFF-le­de Mas­ha­ba ge­groet het toe hul­le die raad­saal in­stap.

“On­ge­ag ons po­li­tie­ke ver­bin­te­nis­se wil al die par­tye hê dat Jo­han­nes­burg ge­trans­for­meer word in ’n meer in­klu­sie­we en voor­uit­stre­wen­de stad.

“Ek wil die in­wo­ners ver­se­ker dat ons daar­toe ver­bind is om ’n re­ge­ring vir al­mal te wees, on­ge­ag vir wat­ter par­ty jy ge­stem het.

“Dit is be­lang­rik dat ons te al­le tye eer­lik met me­kaar en ons in­wo­ners sal wees om se­ker te maak dat ons die in­wo­ners se ver­troue in hul plaas­li­ke re­ge­ring her­win wat oor ja­re heen weg­ge­kal­we is.”

Die bur­ge­mees­ter meen dit is daar­om be­lang­rik dat eer­lik ge­kyk word na die groot uit­da­gings waar­mee Jo­han­nes­burg te doen het.

’n Tien­punt­plan is op­ge­stel waar­mee Mas­ha­ba hoop Jo­han­nes­burg reg­ge­ruk kan word.

“Ná ja­re van ver­waar­lo­sing, ver­keer­de pri­o­ri­tei­te, ag­ter­uit­gang en wan­be­stuur van ons stad sal dit lank duur om din­ge om te draai,” sê Mas­ha­ba.

“Ons vra die in­wo­ners se ge­duld, maar wil hul­le ter­self­der­tyd ver­se­ker ver­an­de­ring is op pad.”

In die vol­gen­de be­gro­ting hoop die me­tro om 60% van sy ka­pi­taal­be­gro­ting te be­stee aan pro­jek­te in tra­di­si­o­neel arm en ag­ter­ge­ble­we ge­meen­skap­pe.

“Hier­die re­ge­ring maak nie ver­sko­ning daar­voor dat hy die ar­mes goed­ge­sind is nie.

“Ons kan nie ’n stad bou waar­oor ons droom ter­wyl so baie van ons in­wo­ners van ’n af­stand af die voor­spoed sien waar­uit hul­le geen voor­deel trek nie,” sê Mas­ha­ba.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.