Po­li­sie soek man wat glo in­lig­ting oor af­spraak­moor­de het

Beeld - - News - – Ü­gen Vos

Die po­li­sie aan die Wes-Rand het gis­ter ’n skets uit­ge­reik van ’n man wat moont­lik in­lig­ting oor die so­ge­naam­de af­spraak­moor­de in Gau­teng en die Vry­staat kan ver­skaf en die pu­bliek ge­vra om hom te help op­spoor.

Die man, ver­moe­de­lik tus­sen 35 en 40, is so­wat 1,6 m lank. Die po­li­sie be­skryf hom as mol­lig en met dig­te wenk­broue, kort, swart ha­re en bruin oë.

Hy kan glo ’n moont­li­ke ge­tuie in die saak wees of in­lig­ting oor die reeks­moor­de aan die po­li­sie ver­skaf.

Kapt. Ap­pel Ernst, po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig die po­li­sie be­skou hom as “ie­mand van be­lang” in die saak, wat Vry­dag vir die eer­ste keer in die hoog­ge­regs­hof voor­kom.

E­nig­een met in­lig­ting oor die man kan kapt. Ben Booy­sen, on­der­soek­be­amp­te, by 082 447 4963 bel. Al­le in­lig­ting sal as ver­trou­lik ge­han­teer word.

Zak Va­len­ti­ne (31), Ce­ci­lia S­teyn (35),

Ma­rin­da

S­teyn (50) en haar kin­ders,

Le Roux (21) en Mar­cel

(18), staan te­reg op

23 aan­klag­te in ver­band met die moor­de wat die Wes-Rand ge­ruk het.

Hul­le staan te­reg op se­we aan­klag­te van moord, vyf van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, vier van be­drog, twee van die ver­suim om die lig­ging van ’n on­wet­ti­ge vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie aan te meld, as­ook aan­klag­te van ge­or­ga­ni­seer­de mis­daad en regs­ver­y­de­ling.

Va­len­ti­ne staan ook te­reg op nog aan­klag­te van dief­stal en be­drog

Die vyf be­skul­dig­des en hul me­de­be­skul­dig­de, John Bar­nard (40), het glo tus­sen 2015 en Ju­nie 2016 se­we men­se in Kru­gers­dorp en Rand­fon­tein, as­ook Beth­le­hem en Pe­trus S­teyn, ver­moor.

Die be­skul­dig­des was lui­dens die klag­staat al­mal vrien­de wat na be­we­ring saam­ge­werk het om hul­self te ver­ryk.

Ce­ci­lia was glo die baas­brein en i­ni­si­eer­der van die mis­da­de om­dat sy die mees­te geld ont­vang het.

Hoe­wel sy nie teen­woor­dig was by ver­skeie van die moor­de nie, was dit lui­dens die klag­staat op haar aan­drang dat die mis­da­de ge­pleeg is en het sy vol­le ken­nis daar­van ge­dra.

Ma­rin­da was na be­we­ring die lei­er van die groep wat die moor­de en mis­da­de ge­pleeg het.

Die po­li­sie­skets van die man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.