‘Ons was o­pe­ra­san­gers saans, wer­kers be­dags’

Kol­lig kom te laat ná a­part­heid haar ont­sê

Beeld - - Kuns & Vermaak - ■ Lis­ba Vos­loo is re­gis­seur en me­de­ver­vaar­di­ger van Eo­an 80: Ode aan die o­pe­ra­era.

Die by­drae van Sophia Andrews, die hoof­mez­zo­so­praan van die le­gen­da­rie­se Eo­an­o­pera­groep, en an­der san­gers word be­lig in ’n nu­we rol­prent. Lis­ba Vos­loo ver­tel.

“Sang was to­taal my le­we!”

Met dié woor­de o­pen Sophia Andrews-Van Rooy­en die do­ku­men­tê­re rol­prent Eo­an 80: Ode aan die o­pe­ra-era.

Die fliek word op 7 Mei om 14:30 op O­ver­tu­re (kykNET DStv-ka­naal 144) ver­toon.

Sophia Andrews was die hoof-mez­zo­so­praan van Eo­a­no­pe­ra, wat van 1956 tot die vroeë 1970’s be­staan het. Met haar diep, ryk stem was sy een van Eo­an se top­san­gers. Sy was ver­al be­kend vir haar rol as A­zu­ce­na in Il tro­va­to­re.

Vi­r­gi­nia Da­vids, o­pe­ra­di­va en pro­fes­sor in sang­op­lei­ding, ont­hou: “As ek dink aan die groot a­ria uit Il tro­va­to­re, ‘S­tri­de la vam­pa’, dan dink ek aan Sophia Andrews.”

Sophia ver­tel: “Dit was har­de werk. Lank staan op die ver­hoog. On­se tyd was min om te leer, want ons was o­pe­ra­san­gers saans en wer­kers be­dags.”

Wat haar sang­pres­ta­sie so­veel gro­ter maak, is die feit dat sy nooit musiek leer lees het nie, maar op haar uit­ste­ken­de oor vir musiek staat­ge­maak het, die “knap op­vangs van my ore. Sing vir my e­ni­ge iets en ek sing dit vir jou te­rug.”

Sy het ook na pla­te ge­luis­ter wat dr. Jo­seph Man­ca, di­ri­gent en koor­lei­er van Eo­an-o­pe­ra, vir haar ge­leen het.

Sophia se ag­ter­grond is be­skeie. As deel van ’n groot ge­sin

met ’n en­kel­ma het sy haar kin­der­ja­re in Dis­trik Ses en la­ter in Ke­w­town op die Kaap­se Vlak­te deur­ge­bring.

As 16-ja­ri­ge het sy by die Eo­an-koor aan­ge­sluit. Sy het ’n ou­di­sie ge­doen en ’n sang­beurs ge­wen om vyf jaar lank by die o­pe­r­a­re­gis­seur en sang­do­yen G­re­go­rio Fi­as­co­na­ro sang­les­se te neem.

Weens ver­voer­pro­ble­me het sy baie skool­u­re mis­ge­loop – sy moes la­ter kies tus­sen “skool of die sin­ge­ry”.

Sy het selfs deel­tyds as huis­hulp ge­werk om haar sang­les­se vol te hou.

In­tus­sen het Sophia deel­ge­neem

aan Eo­an se o­ra­to­ria en mu­siek­spe­le.

“My eer­ste groot werk, die Mes­si­as van Han­del, was swaar om te leer. Baie draai­tjies! Om nie te praat van Ver­di se Re­qui­em nie.”

Sophia was skaars 19 jaar oud, toe kry sy die rol van die be­jaar­de Mam­ma Lu­cia in Ca­val­le­ria rus­ti­ca­na.

Sy spot self met die feit dat sy bit­ter graag ’n so­praan wou wees, maar met die te­kort aan alt- en mez­zo­stem­me moes sy maar haar “stem dik maak en die lae no­te sing”.

Ná die sang­beurs vol­tooi is, was Sophia vol­tyds in die kle­re­be­dryf as ma­sjien­wer­ker. Sy het ek­stra sang­les­se by Ol­ga Mag­ni­o­ni, een van Eo­an se I­ta­li­aan­se sang­do­sen­te, ge­neem.

In 1960 het Eo­an-o­pe­ra ’n drie maan­de lan­ge toer na Oos-Lon­den, Port E­li­za­beth, Dur­ban en Jo­han­nes­burg on­der­neem en hul­le was ’n land­wye sen­sa­sie.

San­gers van Eo­an-o­pe­ra soos Sophia, die ba­ri­ton Li­o­nel Fou­rie, die twee so­pra­ne May A­bra­ham­se en Ruth Good­win, en die te­noor Jo­seph Ga­briels was al­mal van in­ter­na­si­o­na­le stan­daard, maar kon weens a­part­heid nie plaas­lik ver­der vor­der nie.

In die 1960’s het Sophia ook A­nin­na in La tra­vi­a­ta ge­sing, Mad­da­le­na in Ri­go­let­to en Su­zu­ki in Ma­da­ma But­terf­ly.

As B­loody Ma­ry in die mu­siek­spel South Pa­ci­fic (1968), het die kaal­voet Sophia al­mal be­koor met haar mee­sleu­ren­de, so­no­re weer­ga­we van “Ba­li Ha’i”.

Mar­tin John­son, wat teen­oor Sophia ge­speel het, bieg: “Sophia Andrews hou vir jou op jou to­ne op die ver­hoog, want sy ken al­mal se ly­ne! Baie pro­fes­si­o­neel, maar ’n reg­te plat­jie!”

Een van Sophia se laas­te pro­duk­sies by Eo­an was in die mu­siek­spel Car­men Jo­nes. Haar goeie spel is raak­ge­sien en sy het ge­volg­lik ’n paar ste­re­o­ti­pie­se ka­rak­ter­rol­le in plaas­li­ke rol­pren­te ver­tolk.

Sophia het aan­hou sing as so­lis saam met die Pen­in­su­la C­ho­ris­ters. Sy het ook die plaas­li­ke kerk­koor af­ge­rig.

Sy het ’n paar jaar ge­le­de nog by Vi­r­gi­nia en John Da­vids se ComArt-koor in­ge­stap en ge­sê: “Ek wil graag sing. Daar is nog baie sing in my.”

Sophia Andrews-Van Rooy­en is op 10 Ja­nu­a­rie 2017 in haar slaap dood.

Sophia Andrews

Sophia op die ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.