Cas­per se ‘A­li­ve & vro­lik’ kry ge­reeld ’n nu­we kin­kel of twee

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Cas­per de V­ries se A­li­ve & vro­lik, die na­week in P­re­to­ria, het se­dert die eer­ste op­voe­ring “al ’n bie­tjie van ’n e­vo­lu­sie on­der­gaan”.

Hy voer dit mô­re en oor­mô­re in die At­ter­bu­ry­te­a­ter op.

De V­ries het in 2016 die “wa­ter ge­toets” met dié pro­duk­sie by die Sil­ver­star Ca­si­no in Kru­gers­dorp en toe la­ter by Mon­te­ca­si­no in Four­ways waar dit ’n vol­le­di­ge speel­vak ge­had het.

Daar­na was hy voor ge­ho­re in So­mer­set-Wes, Port E­li­za­beth en Nel­spruit.

“A­li­ve & vro­lik (die ti­tel is so­dat die men­se kan weet dit is A­fri­kaans) het nou al ’n bie­tjie e­vo­lu­sie on­der­gaan soos ’n kind wat be­gin groei het. Ons het by­voor­beeld nie meer die pou­se nie. Een van die ka­rak­ters is ook nie meer in die ver­to­ning nie.

“Die leng­te is nou so ’n uur en 45 mi­nu­te. Dit werk net be­ter vir my so. Die ma­te­ri­aal op die vi­deo kan ons nie ver­an­der nie, maar dit is ’n pro­duk­sie wat jy weer kan gaan kyk, want daar kom ge­du­rig nu­we goed by.”

Die ver­to­ning by Mon­te­ca­si­no is nie meer heel­te­mal die­self­de wat hier­die na­week in die At­ter­bu­ry­te­a­ter gaan wees nie.

De V­ries was lank­laas met sy eie pro­duk­sie in P­re­to­ria. Hy het wel on­langs 3 in 1 saam met Han­nes Br­üm­mer en S­chalk Be­zui­den­hout in P­re­to­ria op­ge­voer.

“Dit voel vir my ek en P­re­to­ria het ’n bie­tjie wry­wing ge­had en nou kom ek te­rug. Ek het in­stink­tief ge­voel ek moet ook ’n der­de ver­to­ning hier­van doen om­dat ek so lank­laas in P­re­to­ria was. Dit sal in Au­gus­tus wees.”

Met vo­ri­ge ver­to­nings het hy sy hon­de op die ver­hoog ge­had, maar hy weet nie of hy dit weer gaan doen nie.

“Mis­kien met een daar­van. As hul­le nie op die ver­hoog sal wees nie, sal hul­le wel daar ag­ter wees.

Die ar­me hon­de weet wat die show is, maar hul­le pro­beer dit so gou moont­lik ag­ter die rug kry.

So hul­le kom on­mid­del­lik op en doen tricks.”

Hy gaan weer uit die be­trok­ke week se Huis­ge­noot voor­lees.

“Ek was Vry­dag­aand in Wel­kom en toe slaap ’n ou. Ek stap ver­by en wil vir hom sy ster­re lees, toe lees ek vir hom die le­vie­te voor.

“Ek maak die Huis­ge­noot oop daar op die ver­hoog. Ek kyk nie voor die tyd nie. Dis no­gal lek­ker om ’n spon­ta­ne re­ak­sie op die goed te hê. En die ge­hoor is deel daar­van.”

De V­ries ge­sels op die dag

Die ar­me hon­de weet wat die show is, maar hul­le pro­beer dit so gou moont­lik ag­ter die rug kry.

van C­lif­fCen­tral se der­de ver­jaar­dag. Hy bied op dié aan­lyn ra­di­o­sta­sie ’n pro­gram The Cas­per Ra­dio Show aan, die eer­ste keer vir hom wat ra­dio be­tref (am­per soos toe hy in die on­lang­se rol­prent Snaaks ge­noeg die eer­ste keer moes be­stuur en hy kan nie be­stuur nie). Te­le­vi­sie en die ver­hoog ken hy ui­ter­aard al ja­re lank goed.

Sy pro­gram kom week­liks aan die beurt.

“Dis highly en­joy­a­ble fa­mi­ly, die span by C­lif­fCen­tral. Ra­dio is nou vir my ’n an­der gen­re. Dis soos ’n kui­er. Jy wil hê men­se moet voel hul­le is by ’n ge­sprek in ’n bin­ne­ka­mer. Hul­le hoor dit. Ter­self­der­tyd hoor hul­le ook my smaak, wat ek van hou, my ge­dag­tes, en­so­voorts.”

Vir sy pro­gram woon hy baie kon­ser­te by. Meest­al gaan hy na an­der aan­de as die o­pe­nings­aan­de.

“Ge­luk­kig was daar nog nooit vrees­li­ke groot fou­te wat ek met teg­no­lo­gie in die ra­dio-a­tel­jee ge­maak het nie. Tog is dit die soort pro­gram waar, as iets fout gaan, dit maar mag. Ons han­teer dit. Dis so ’n ge­mak­li­ke ge­sels­trant.”

A­li­ve & vro­lik se ver­to­nings is Vry­dag en Sa­ter­dag om 20:00. Kaart­jies kos R150 tot R170. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Cas­per de V­ries as Han­no Gel­der­blom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.