Wat sou tant Koek van oom An­gus sê?

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ker­neels B­rey­ten­bach

Die maand A­pril was die op­win­dend­ste TV-kyk-maand van die af­ge­lo­pe jaar – en die op­win­ding is be­sig om oor te spoel in Mei. Al­les is aan’t ver­an­der. Die “lus­ty month of May”, soos hul­le in Ca­me­lot sing, is nou veel, veel meer.

A­pril met sy vlaag van va­kan­sie­dae het die nuus ge­bring dat die SAUK post-Hlau­di Mot­soe­neng deur ’n fi­nan­si­ë­le ramp in die ge­sig ge­staar word en som­mi­ge van sy ver­skaf­fers nie kan be­taal nie. Dit sal e­nor­me ne­ga­tie­we ge­vol­ge hê in die ko­men­de maan­de – nie net wat die ky­kaan­bod op TV be­tref nie, maar ook wat be­tref die wel­syn en oor­le­wing van die be­dry­we wat die o­pen­ba­re uit­saai­er voed.

Ek kyk lank­al nie meer na e­ni­ge van die SAUK se ka­na­le nie (ek on­der­steun net RSG op die ra­dio), maar ek be­sef dat die meer­der­heid Suid-A­fri­ka­ners dit wel doen, en dat hul kyk­ple­sier bin­ne­kort dro­ër gaan wees as Kaap­stad op die oom­blik.

A­pril het ook die hoof-ont­plooi­ing van die In­die­se 20/20-krie­ket­reeks ge­bring. ’n Mens moet die mees­te din­ge be­tref­fen­de die IPL in aan­ha­lings­te­kens plaas so­dat dit dui­de­lik kan wees dat ons hier te ma­ke het met dít wat die li­te­ra­to­re noem “the sus­pen­si­on of dis­be­lief”. Dis nie net pa­ja­ma­krie­ket nie. Die kom­men­ta­tors het ’n eie cli­ché-ge­dre­we woor­de­skat vol­le­dig met borg­skap­pe. Hul­le praat nie van ses­se nie, nee, dit is “Yes Bank max­i­mums”.

Ek wag nog om te hoor wat die oor­ge­wig e­ro­tie­se dan­se­res­se langs die veld ge­noem word.

Vir bur­gers van die rus­bank is dit baie aan­skou­li­ke k­rie­ket, maar ’n mens kry te dik­wels die ge­voel dat die wed­stry­de vol­gens ’n draai­boek ge­speel word en dat die or­ga­ni­seer­ders be­sig is om so­wel die toe­skou­ers as die groot TVky­kers­pu­bliek te melk. Hul­le kan net een ding by­voeg en dan is dit ’n waar­ag­ti­ge sir­kus: Laat elk­een wat die prys van S­pe­ler van die Wed­stryd kry ag­ter­na voor die ka­me­ras vir die Nieu-See­land­se kom­men­ta­tor Dan­ny Mor­ri­son ’n paar taai klap­pe gee. Mor­ri­son is se­ker­lik die ir­ri­te­rend­ste TV-kom­men­ta­tor ooit.

Ein­de A­pril het Do­nald Trump se pre­si­dents­ter­myn die 100-da­e­merk be­reik en dit is deur feit­lik al­le TV-diens­te ge­a­na­li­seer. Op ons skerms was dit feit­lik al waar­oor CNN Sa­ter­dag en die he­le voor­af­gaan­de week be­rig het.

Om­dat CNN en Trump o­pen­lik haaks is, het hul­le die mes be­hoor­lik in­ge­lê. Só lus­tig het hul­le al sy swak­he­de be­kyk dat ek la­ter be­gin dink het dat hul­le nog net vir hom “Hy lyk vir my so baie na tant Koek se hoen­der­haan” moes sing en dan het ons die he­le prent­jie.

Ons eie tant Koek se hoen­der­haan het ook sy kant deeg­lik ge­bring. Jaap die S­wy­ger het vir oom An­gus Bu­chan ge­noeg re­de ge­gee om ty­dens sy Dis Tyd-saam­trek bui­te Bloem­fon­tein op

22 A­pril sterk teen Jaap te bid, en ter­wyl ek hier skryf, is dit met die we­te dat daar net en­ke­le dae oor is van die twee we­ke gra­sie wat oom An­gus vir Jaap ge­gun het.

Ek sit in ge­span­ne af­wag­ting om te sien hoe eNCA en die SAUK oor dié sper­tyd rap­por­teer.

Ons TV-nuus­diens­te het wat my be­tref te min aan­dag aan oom An­gus se by­een­koms ge­gee, maar hul­le het wel deeg­lik ge­rap­por­teer oor die ma­nier waar­op Co­sa­tu vir Jaap op Wer­kers­dag die rug toe­ge­keer het toe hy die wer­kers ’n slag wou toe­spreek.

’n Mens kan Co­sa­tu nie ge­noeg daar­mee ge­luk­wens nie. Jaap sou se­ker­lik weer ge­teem het oor WMC en hoe ra­di­kaal die trans­for­ma­sie moet wees. WMC staan na­tuur­lik vir “w­hi­te mo­no­po­ly ca­pi­tal”, maar TV-ky­kers wat na e­ni­ge an­der ka­naal as ANN7 kyk, sal weet dat dit ook staan vir die be­dre­we lei­ers van ons klep­to­kra­sie, ons eie “we­a­pons of mass cor­rup­ti­on”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.