Berg te klim vir self­be­skik­king

Beeld - - Kommentaar - ■ S­pies is ’n pro­ku­reur vir A­friForum en be­trok­ke by P­re­to­ria FM. Wil­lie S­pies

Ka­rel S­choe­man se dood is ’n skok. Jo­hann Ros­souw, wat ver­le­de jaar die Ka­rel S­choe­man­le­sing­reeks op die Vry­staat­se Kuns­te­fees aan­ge­bied het, sê oor S­choe­man “as jy A­fri­kaans wil skryf, moet jy berg S­choe­man klim”.

S­choe­man was in­der­daad ’n groot skry­wer. Die Hert­zog­prys is drie maal aan hom toe­ge­ken, die Recht Ma­lan­prys vier keer, die CNA-prys twee maal, die W.A. Hof­mey­r­prys en die Lou­is Hiem­stra­prys vir nie­fik­sie twee maal. Sy naam is al selfs ge­noem as ’n moont­li­ke wen­ner van die No­bel­prys vir let­ter­kun­de.

45 jaar ge­le­de is sy toe­koms­ro­man Na die ge­lief­de land ge­pu­bli­seer wat uit­ein­de­lik in 2002 as die Hol­ly­wood­rol­prent Pro­mi­sed Land uit­ge­reik is. Die boek is ge­skryf in die hoog­bloei van a­part­heid en ver­tel die ver­haal van Ge­or­ge Neeth­ling, die seun van ’n di­plo­maat wat ná ja­re in S­wit­ser­land te­rug­keer na sy Vry­staat­se fa­mi­lie­plaas. Dit skets ’n don­ker prent­jie van Suid-A­fri­ka wat deur ’n ge­weld­da­di­ge be­winds­oor­na­me ge­gaan het en A­fri­ka­ners op die plat­te­land wat tot ’n staat van ver­ag­te­ring en i­so­la­sie ver­val het.

Ons weet nou 23 jaar ná 1994 dat die be­winds­oor­na­me re­la­tief vreed­saam ver­loop het en dat A­fri­ka­ners in­der­daad nie ver­ag­ter en ge­ï­so­leerd ge­raak het nie, maar die ro­man is nog­tans ’n tref­fer en ui­ters re­le­vant om­dat dit daar­in slaag om ’n on­der­lig­gen­de kol­lek­tie­we vrees van A­fri­ka­ners voor en ná 1994 te ver­woord.

Die ver­kla­ring wat S­choe­man ver­le­de Don­der­dag on­der­te­ken het en aan sy pro­ku­reur be­sorg het vir be­kend­ma­king ná sy dood be­vat ’n pleidooi dat sy dood “die we­sen­li­ke pro­bleem van ou­der­dom” so­wel as “die al­ge­me­ne kwes­sie van self­be­skik­king” al­ge­me­ner be­spreek­baar sal maak en dat dit sal help om ’n wy­si­ging in die hui­di­ge wet­ge­wing ten op­sig­te van self­be­skik­king te­weeg te bring. Soos dit dik­wels gaan met let­ter­kun­di­ges se woor­de, is S­choe­man se woor­de da­de­lik ont­leed vir woord­spe­lings en meer­de­re be­te­ke­nis­se.

Ui­ter­aard is die woord “self­be­skik­king” be­ken­der in sy staat­kun­di­ge kon­teks waar dit gaan oor ’n volk of na­sie se reg om self oor sy wel en wee te be­sluit. Hoe­wel art. 235 van die Grond­wet ruim­te laat vir wet­ge­wing vir self­be­skik­king in daar­die sin van die woord, ge­beur dit nie.

Ná die aan­vank­lik suk­ses­vol­le aan­soek van wy­le Ro­bert Ja­mes S­trans­ham-Ford by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria om mag­ti­ging vir ge­as­sis­teer­de self­dood in 2015 het die term “self­be­skik­king” in dié ver­band in­houd in A­fri­kaans ver­kry. Die ap­pèlof het die hoog­ge­regs­hof se be­slis­sing ter­sy­de ge­stel en tans is die “self­be­skik­king” van ’n in­di­vi­du oor sy of haar le­we on­wet­tig.

In­te­res­sant ge­noeg is daar ’n ver­haal uit die ge­skie­de­nis waar die stryd om self­be­skik­king in staat­kun­di­ge kon­teks uit­ein­de­lik tot massa­self­moord ge­lei het. Dit is die ver­haal van Ma­sa­da.

Teen die ein­de van die eer­ste JoodsRo­mein­se oor­log in die jaar 73 n.C. het 967 Jo­de die on­oor­win­ba­re berg­ves­ting Ma­sa­da be­set. In die herfs van 72 n.C. het 10 000 Ro­mein­se sol­da­te hul berg­ves­ting aan­ge­val. Toe hul­le uit­ein­de­lik maan­de la­ter deur die stads­mu­re kon breek, het hul­le 960 van die Jo­de dood aan­ge­tref ná ’n massa­self­moord. Se­dert die 1950’s ge­bruik die Is­rael­se weer­mag Ma­sa­da vir die in­swe­ring van sy pant­ser­sol­da­te ná hul ba­sie­se op­lei­ding. Die se­re­mo­nie ein­dig met die ver­kla­ring “Ma­sa­da sal nooit weer ge­beur nie!”

Self­dood bly ’n tra­ge­die, wat ook al die om­stan­dig­he­de. Vir self­be­skik­king van wel­ke aard ook al is daar ’n berg om te klim, maar dit het in­der­daad be­spreek­baar ge­word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.