Om by die her­lees weer ge­raak te word

Beeld - - Kommentaar - An­ne­ma­rie van der Walt

WDit is hom nie waar­dig nie, dié vlie­ten­de vas­vang van sy beeld op ’n klein skerm.

at sou ’n ge­wo­ne le­ser vir die ont­sla­pe skry­wer Ka­rel S­choe­man sê as sy hom raak­ge­loop het? Die le­ser sou dit wel nie waag om oor koei­tjies en kal­fies te ge­sels nie, nie met ie­mand wat o­ën­skyn­lik met ge­mak die stil­te in en aan hom ge­dra het nie; ’n stil­te by­na hoor­baar op die hand­vol fo­to’s in die o­pen­ba­re do­mein van die skry­wer.

Ge­boei deur die klaar­blyk­lik on­aan­tas­ba­re per­so­na, sou die le­ser tel­kens na ver­al twee fo­to’s van die skry­wer te­rug­keer. Een is waar hy as jon­ger man met sy rug teen ’n muur leun, arms ge­vou oor die blok­kies­hemp en sy oë wat weg­kyk van die ka­me­ra­lens van die fo­to­graaf P­hi­lip de Vos. Die an­der fo­to is van ’n veel ou­er skry­wer, sy han­de net­jies ge­vou op die les­se­naar voor hom, y­ler en grys ha­re en baard, sy wenk­broue lig­gies op­ge­trek ag­ter die bril­raam en sy oë be­hoed­saam. Vir die le­ser is daar ’n sweem van deur­sig­tig­heid aan die fo­to’s, as­of die beel­de sien­der­oë sal op­los, weer ver­an­der in die on­der­skeie che­mi­ka­lieë wat dit op die fo­to­pa­pier vas­ge­lê het – ’n om­ge­keer­de ont­wik­ke­lings­pro­ses.

Dit sou ge­pas wees in­dien geen di­gi­ta­le fo­to’s van die skry­wer ge­neem is nie.

Dit is hom nie waar­dig nie, dié vlie­ten­de vas­vang van sy beeld op ’n klein skerm.

Nee, sy ont­wy­ken­de syn ver­dien ’n dof­bruin ne­ga­tief waar­in sy lig­te ge­laat don­ker en sub­stan­si­eel sal uit­staan wan­neer dit teen ’n skerp lig ge­hou word.

Sê maar die ge­wo­ne le­ser is op ’n dag in die­self­de ver­trek as die skry­wer, sou sy suut­jies na­der staan, sy han­de wit soos pa­pier dop­hou, en wan­neer hy dit, net dalk, vir ’n oom­blik ont­wa­pe­nend laat sak, voor­oor leun en sê: “Van al u boe­ke is die een wat my by­bly . . .” En dan sou die le­ser hui­wer en eer­der weg­draai, skie­lik on­se­ker. Was dit ’n Lug vol hel­der wol­ke? Of eer­der Die uur van die en­gel, Ver­lies­fon­tein, Af­skeid en ver­trek, Waar ons ge­luk­kig was of ’n An­der land?

Dit is as­of die boek­ti­tels ’n klein kan­ta­te word, die pas daar­van sta­dig soos die lang sin­ne in die mees her­lees­de boek op die le­ser se rak: Hier­die le­we.

Die le­ser sou op­kyk en sien die skry­wer het hom te­rug­ge­trek na ’n hoek van die ver­trek, en haar ge­dag­te was: Dit her­in­ner aan hoe die leg­gers in ’n lees­ka­mer van ’n ar­gief s­na­mid­dags op­ge­ruim word, weer ver­dwyn in die on­sien­ba­re gan­ge ag­ter die toe deu­re om op­nuut ge­li­as­seer te word; die ont­slui­ting van die ge­skrif­te al­tyd uit­ge­stel.

Aan al hier­die din­ge het die le­ser ge­dink toe sy die nuus lees van Ka­rel S­choe­man se af­skeid van en ver­trek uit die le­we. Sy het Die uur van die en­gel van die rak ge­haal en ge­lees: “Die leë land­skap, dood en af­ge­stroop in die win­ter, is plot­se­ling ver­heer­lik en die leeg­heid het ge­bot en ge­blom. [ . . . ] Die reis gaan in­waarts.”

Die ge­wo­ne le­ser sal al die boe­ke her­lees, die een ná die an­der, en dit sal haar, soos te­vo­re, bui­ten­ge­woon raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.